5 dae in Lesotho – Junie 2016
Dis Oktober 2015. Ons sit lekker en werk, en hier kom ân epos van Jenny van Aswegen af deur. Sou ons belangstel om saam met hulle Lesotho toe te gaan in Junie 2016? Nou kyk, as die wiele rol is die Craffords in. En as dit saam met Rudi en Jenny is, des te meer so. Hulle is ons oudste en beste vriende, ons kom ân laaaaaaang pad saam. Sout van die aarde mense. Net ân braai saam met hulle is iets om na uit te sien. ân 5 dag vakansie in Lesotho? Ons is in.
En dis al wat Jenny nodig gehad het. Een ding moet jy weet van die twee, hulle is SUPER organiseerders. As hulle iets beplan los jy net alles vir hulle. Jy kan dit NIE so goed soos hulle organiseer nie.
En Jenny se blonde koppie begin te werk. Elke paar dae kry ons ân epos. Ons gaan hier begin in Lesotho, die plek is te duur, hier is die beste oplossing, wat gaan ons eet, wie doen wat. En Jenna in haar element. Besig om te âorganiseâ
David en Ilze Smith en hulle twee laaities gaan ook saam. Hulle is goeie vriende van Rudi en Jenny. David ken ek van jare terug, ân baie âjovialeâ man. Ilze? As sy met Dave getroud is moet sy ân aangename mense wees.
Die dag kom nader wat ons moet vertrek. Jenny laat weet ons hoe koud gaan dit wees. Het ons warm klere? Â Is daar sneeu by Afriski? Jenna stuur ân website deur wat meer vertel. http://www.snow-forecast.com/resorts/AfriSki/6day/mid
Ons begin bekommerd te raak oor ons warm klere. Surika leen ân lekker warm baadjie by Hantie. Ek vat maar saam wat ek het.
Al die papierwerk moet reggekry word. Toestemming van die bank af om Chucky oor die grens te vat. Unabridged birth certificate van binnelandse sake af vir Miya (my hart sak sommer in my skoene oor die âqueueâ wat ek moet gaan instaan.  Bewys van versekering. As jy twyfel oor ietsâŠ.epos vir Jenna.
Ons sou in Lesotho ingaan met die Sani pas. Op 25 Junie 2016. Ek moet erken ek weet nie wat om te verwag nie. Mens hoor soveel stories van die Sani pas. En soos alle goeie stories is daar altyd ân paar stertjies bygelas (wat baie rojaal met die waarheid omgaan)
Net een klein probleempie. Ons slaap almal die eerste aand, 24 Junie, so 30 km anderkant Howick by Beverley Country Cottages . So 30 km anderkant Howick in KZN. En ek het nog ân troue om af te neem daardie dag. En troues hou eers 10:00 op. En Beverley Country Cottages is 522 km van my trou venue af. Dit beteken ons gaan 04:00 die oggend by Beverley Country Cottages aankom, en dan moet ek 3 ure later opstaan om die Sani pas te ry. Nou begin ek bietjie bekommerd raak. Ek reĂ«l egter met Carina, my ekstra fotograaf, dat sy na die photo shoot gaan inkom en die res van die aand se verrigtinge gaan afneem. Surika sal my by Valverde kry so 18:00, en dan ry ons deur. Lig aan die einde van die tonnel.
Miya babbel aanmekaar op pad na Beverly Country Cottages toe. Sy is SO âexcitedâ om vir Jessica te sien. Sy klink omtrent so opgewonde soos Jacob Zuma toe hy gehoor het sy Nkandla aanbouings is goedgekeur.
Ons kom toe 11:49 by ons verblyfplek aan. R1050 vir die aand vir Surika, ek en Miya. Arme Rudi het wakker gebly om vir ons die sleutel te gee om in onsâbungalowâ in te kom.
Ons klim dadelik in die bed.
Lesotho wag.
25 Junie 2017
Ons word in die ongelooflike mooi KZN âMidlands Meanderâ wakker. Die luggie is koud, en ân kaggel vuurtjie se rook kronkel uit ân skoorsteen uit. Alles ruik so vars en skoon.
Na ân vinnige ontbyt wat die vrouens gemaak het val ons in die pad. Ek het my âWalkie Talkiesâ saam gebring en elke voertuig kry een. Ons opgewondenheid laat ons almal bietjie meer babbel as gewoonlik. Kort kort het iemand een of ander kwinkslag!
Ons stop in Underberg om te piepie en bietjie ons voorrade aan te vul.
Die 142 km van Beverley Country Cottages na die Sani pas is in ân japtrap verby.
Ons klim van die teerpad af, en ry die Mkhomazi wilderness area binne. Die natuur en berge is ongelooflik mooi. Dis moeilik om te dink ons was gister die tyd nog in die stad!
(Kliek op die eerste foto om dit groter te maak, “scroll” dan deur deur die pyltjies aan die onderkant te druk)
Voor ons lĂȘ die ikoniese Sani pas. Die kroonjuweel van Suid Afrikaanse passe. Dis op die meeste 4×4 entoesiaste se âbucket listâ om te ry. Dit het Godfrey Edmonds in 1948 vyf ure in sy Willis Jeep gevat om die eerste mens te wees wat tot bo ry. Â
En nou is dit ons beurt. Daar lĂȘ ân 1332 meter klim voor ons, met ân gradient op party plekke van 1:3. Die pas lĂȘ tussen die Lesotho en Suid Afrika grensposte en is 9 km lank.
Die Suid Afrikaanse grenspos wys voertuie weg as hulle voel die voertuig is nie geskik vir die pas nie. As die weersomstandighede te sleg is laat hulle ook nie iemand opry nie.
Maar ons het nie sulke probleme nie, ons avontuur begin.
Ons kronkel teen die Sani pas op. Dis toe nou nie so erg soos wat ons gedink het nie. Al hoeër en hoeër. Nader en nader aan Lesotho.
Lesotho is die enigste onafhanklike staat in die wereld wat in sy geheel bo 1000 vk meter bo seespieĂ«l lĂȘ. Om die waarheid te sĂȘ, 80% van Lesotho lĂȘ meer as 1800 vk meter bo seespieĂ«l.
Ons stop kort kort om die natuurskoon in te drink. Uitsigte soos die sien mens nie elke dag nie. Dis presies hoekom mense die klein berg koninkrykie van net 30,355 km2 besoek.
Soos ons hoër ry word dit al kouer.
Ons kom op ân waterval af, wat heeltemal gevries is. En dis teen 14:00 die middag!
Almal is eers weer uit die voertuie uit vir fotos. So iets sien ons nie elke dag in Gauteng nie.
Jenny is pal op die telefoon. Daar is ân probleem met ons verblyf by Molumong Lodge. Daar is skynbaar glad nie water op die plaas nie. Die man reĂ«l egter vir ons ander verblyf by Sani Stone Lodge, wat toe glad nie ân slegte reĂ«ling was nie. Dis sommer ân agtermekaar plek. En BITTER koud.
Maar eers moes ons deur die grenspos kom. Al ons vrese was toe ongegrond. Die mense by die grenspos is nie vandag in die bui vir probleme nie. Ons is vinniger daar deur as wat dit vat om R2000-00 se kos by Pick & Pay te koop.(Maw so 5 min!)
Sani Stone Lodge is ân verrassing. ân Netjiese plek. En ons is die enigste gaste daar die aand. Ons gaan sit in die sitkamer, gooi vir ons ân drankie of twee, en sit en kuier om die kaggelvuurtjie.
Toe ons die kinders weer soek is hulle weg. Na ân gesoek kom ons agter hulle al 6 het die koppie agter Sani Stone Lodge gaan uitklim.
Ons bestel sommer aandete daar. Die was toe ân BAIE groot verrassing. Die kos was HEERLIK! Ek bestel die skaap kerrie. Of soos hulle spyskaart sĂȘ: âMutton Carryâ Teen R90.00âŠân winskopie.
Ons grootste probleem lĂȘ nou voor. Ons moet gaan slaap, en dis bitterlik koud in die kamers. Die personeel kom maak vir ons ân antrasiet vuur in ons kamers. Ons gooi so baie komberse op die bed ons kan nie eers omgedraai kry nie so swaar is al die komberse.
26 Junie 2017
Die volgende oggend vroeg word ons wakker geklop. Rudi bring vir ons ân skottel met warm water. Dit is so koud by Sani Stone Lodge dat die water in die pype gevries is. Geen toilet spoel nie, geen water vir enigiets nie. Dankie Rudi, daardie skottel warm water wat jy in die koue oggend ure vir ons gebring het was ân âlife safer.â
Dit is so koud buite my drone wil nie opstyg nie. 08:00 die oggend, en die temperatuur is nog -10grade Celsius. David het nie genoeg antifreeze in sy bakkie se radiator gegooi nie. Sy radiotor se water lyk nou soos âslush puppyâ
Ons ry daar weg,Surika en ek gee een van die âlocalsâ ân âliftâ Ek is gou spyt. Die man het langer as ons laas gebad!
Ons stop by ân riviertjie op pad na die teerpad toe. Die rivier is ge ys! Dit is groot pret vir die kinders om op die ys te loopâŠ.en vir die manne om met hulle 4×4âs deur die ys te ry! âBoys will be boys!â
Ons stop ân entjie verder, geniet die lieflike uitsig en eet Ouma boerebeskuit  en drink Nuy Sjerrie wat skoonma vir my die vorige week vir my verjaarsdag gegee het. Nou is ons reg vir die pad!
Ons volgende stop is by Afriski. Hoe hoĂ«r ons gaan hoe meer sien ons die sneeu op die bergtoppe. Afriski se hele ski helling is onder sneeu, nie dat dit my veel gaan help nie. Die vakansie het nou eers begin en ek is nie van plan om my nek op die eerste dag al te breek nie. David is egter baie dapperder as ons en hy durf die ski helling aan. Ons doen maar âbumboardingâ op die klein hellingtjie, die kinders geniet die sneeu vreeslik. Ons drink ook ân lekker koffie by Afriski in hulle restaurant.
Die aand slaap ons by Oxbow Lodge. Almal is lekker vuil na die dag en die vorige dag wat ons nie kon bad nie. Die warm water is dus baie welkom. Ons aand by Oxbow Lodge kos ons R1650.00. R750 per grootmens en R150 per kind.
27 Junie 2017
Na ân ontbyt by Oxbow Lodge val ons so 09:00 in die pad. Hierdie is seker die lekkerste dag van die vakansie vir my gewees. Ons het deur die mooiste natuurskoon gery.
Nadat ons deur die Tiaeng Pas gery het draai ons teen 10:00 van die A1 af op ân grondpad wat gemerk is 4×4 op my GPS. Dis die kortpad Katse dam toe waar ons die aand sou oorslaap. Die pad vat ons ook verby die Kao Diamantmyn. Vanaf die afdraaipad van die A1 af tot by die Katse dam was so 110 km. Ons stop kort kort om ân ietsie te drink. Om die waarheid te sĂȘ, van die 7 ure wat ons op die pad was het ons net 4 ure gery en 3 ure stilgestaan. Maar dis hoe mens die pragtige wĂȘreld moet verken, jy moet nie haastig wees nie. Stop by alle mooi plekke,neem fotos, gesels met die âlocalsâ
Ons eerste stop is by ân rooi winkeltjie langs die pad. Sommer so ân ou sink geboutjie, Hulle verkoop klere en allerhande ander dinge daar binne. Ons koop vir Miya ân lekker warm mussie.Ons stop ook so skuins oorkant die pad waar die kinders lekker in die rivier speel. Die seuns gooi natuurlik klippe in die water en spat die meisies nat! Ons neem ook ân groep foto op ân bruggie oor die rivier.
Volgende stop ons langs die pad en gesels met ân paar locals wat met hulle perde erens heen op pad is. Almal het lekker warm komberse om hulle gedraai, dis hoe al die âlocalsâ hier in die winter lyk.
Ons stop later weer langs die pad waar van die âlocalsâ besig is om mielies te oes. Ons ruil lekkers vir die mielies. Ons koop ook bessies by ân paar meisies wat daar verby loop.
ân Paar kmâs verder kruis ons die Malibamatsu rivier, ons stop weer vir ietsie om te drink en neem fotos van ons 4×4âs op die brug. Die pad styg nou baie aan die anderkant van die rivier. Daar is geen beskerming aan die kant van die pad nie, die hoogtes is duiseligwekkend. Ek ry amper halfpad teen die berg om so ver as moontlik van die afgronde af te bly.
Naby Lejone stop ons weer, tyd om ân draai te loop en bietjie te kuier, sommer so langs die pad. Dave haal ân bottel uit die yskas om iets te gooi, en breek die vol bottel drank. Die Smith familie is nie goed met die drank op die trippie nie, by die grenspos was dit weer Ilze se beurt om ân vol bottel drank te breek. Almal is in ân lekker kuier bui. Die plaaslike honde is later so dik gevreet aan Dave se wilds droĂ«wors dat hulle nie meer wil eet nie.
Ons kom die middag eers teen 17:00 by Katse aan. Ons sou die dag oor ân 1000 meter daal. Vanaf ân hoogte van 3192 m tot by Katse waar dit 2141 m bo seespieĂ«l  is.
Ons boek in huise in by die Katse dam, elkeen gesin het hulle eie huis. Teen R1200 per twee slaapkamer huis is dit ân winskopie. Ons kuier die aand lekker om ân braaivleisvuurtjie.
28 Junie 2017
Ons dag begin nie goed nie. Ons word 03:00 die oggend wakker van ân snaakse geluid, dit klink soos water wat loop. En dit is toe. Erens het ân pyp gebars en ons hele huis is onder water. Ek ry toe maar na die ontvangs toe en gaan meld dit aan. Maar dinge gebeur nie so vinnig in Lesotho nie. Ons sit wakker in ons huis en wag vir die span wat die probleem moet kom uitsorteer, hulle daag toe nooit op nie. (Hulle het toe darem nadat ons terug is vir ons ân volle terugbetaling gegee.
Ons begin die dag met ân toer deur die Katse damwal. BAIE indrukwekkend.
Daarna vat ons die pad (of liewer paadtjie) Maliba Lodge toe. Ons het besluit om sommer so al langs die dam af te ry met ân grondpad. Baie mooi…en baie scary as jy hoogtevrees soos Surika en ek het.
Ons ry later met die pragtige Mafika Lisiu pas af. Hier moet jy jou briek ken as jy afry. Die pas val 1300 meter oor 22 km.
Ons ry eintlik ân groot draai na Maliba toe, amper in ân U vorm. Kyk na die rooi rit op die kaart. Maar dis die kortste pad.
Ons slaap die aand by die mooiste plek van ons reis. Die pragtige Maliba Mountain Lodge in die Tsehlanyane Nasionale park.Ons is amper geskok toe ons daar aankom. Jy verwag nie so ân pragtige plek hier nie.
Ons deel ân groot dubbel verdieping huis en elke gesin het sy eie kamer. Daar is ân rivier vol reuse klippe reg agter ons huis. Die kinders is natuurlik al 5 dadelik soontoe en het hulleself gate uit geniet.
Die aand kuier ons en sluit behoorlik af met ân lekker braai.
Die volgende oggend vertrek ons. Ons ry by die Fouriesburg grenspos uit en gaan eers by Clarens om. Ons eet ân lekker kaas platter en drink bier. Dan ry ons huis toe
‘n Lekker rit saam met VREESLIKE oulike mense wat ons nie gou sal vergeet nie.
Hier is al die paaie wat ons gery het:
Dag 1: Die geel roete. Beverley Country cottages tot by Sani Stone Lodge
Dag 2: Â Sani Stone Lodge tot by Oxbow Lodge
Dag 3: Die pienk Roete. Oxbow Lodge tot by die Katse dam.
Dag 4: Die Rooi roete. Katse dam tot by Maliba Lodge.
Dag 5. Blou roete. Uit by Fouriesburg grenspos, Clarens toe, en daarna huis toe.