Handige Produkte

Braairooster staander, gasbottel plugs, bier staanders en grafie

By
on
12/04/2016

Vir ons Bhanganek vakansie het ons ‘n paar goedtjies gekoop

Braai rooster houer
Ons het die by Outdoor Warehouse gekoop. BAIE handig. Mens soek altyd klippe om jou rooster op te sit. Alle kampplekke het mos nie braaiplek nie. Hierdie vou lekker klein op en werk soos ‘n bom
EmptyName 39
Plugs vir gasbottels
As jy paaie ry soos ons partykeer ry en jou gasbottels is buite op jou treiler soos ons s’n dan kry dit baie keer stof en vuilgoed in. Hierdie is ‘n goedkoop oplossing wat werk.
FullSizeRender
Staanders vir bier ens
Alle kampstoele het mos nie plek vir jou bierblik nie. Myne het in elk geval nie. Hierdie werk baie lekker…en dis baie goedkoop. Jy druk hom sommer net so in die grond in. Ek sou miskien net die steel bietjie langer gemaak het, partykeer is dit net te kort. Outdoor warehouse weereens
IMG_0397
Opvou grafie
Mens kry altyd ‘n graaf nodig as jy kamp. As jy ‘n Toyota Prado soos ek ry sit jy nou nie baie vas nie. Maar rondom die kamp is daar baiekeer iets waarvoor jy ‘n graaf nodig het. Ek het op my Frontrunner dakrak ‘n plek waar ek ‘n groot graaf kan vassit. Maar ek het ook al ‘n paar keer vergeet om dit in te pak. Hierdie grafie vou klein op, is sterk, en kan jy altyd in jou kar hou. Surika het lekker gelag toe ek dit koop. Jy weet, daardie vroue houding wat s├¬ :” Nou mors jy lekker geld hoor” Maar sy was bly dis daar toe ons dit sommer op die eerste kamp al nodig kry.
IMG_0403
IMG_0404
IMG_0405
TAGS