Dag Uitstappies

Breedtsnek pas in die Magaliesberge.

By
on
06/07/2017

Ons het Sondag bietjie die Breedtsnek pas gaan ry. Ek het die Sondag oggendĀ op die SA 4×4 Community forum van die Breedtsnek pas gelees en sommer dadelik besluit om dit die dag te gaan ry. Net na my 10:00 photo shoot het ons toe in die pad geval.

Mika en Lulu is ook saam. Ek dink Lulu het dit die meeste van almal geniet!

Die pas was ‘n lekker verrassing. Plek plek was dit nodig om in 4×4 te ry, maar die res van die pas was net grondpad met fantastiese uitsigte. Dit was ‘n heelike dag en beslis die moeite werd om te ry.

 

TAGS
RELATED POSTS