Naweke

By Tommie en Bettie op die plaas

By
on
14/04/2016

Klein Tommie het 2 geword, en dit was Tommie en Bettie se huweliksherdenking. So…almal is plaas toe, en almal slaap by Tommie en Bettie. Hier geld egte boere gasvryheid nog.(Jy eet en drink jou oor ‘n mik, en jy kuier jouself in ‘n ander bloedgroep in)

Klein Tommie se party is die Saterdag oggend, en die huweliksherdenking is Saterdag aand. Hierdie gaan ‘n bedrywige dag wees.

Die oggend ry Van, Surika en ek op skoonpa se plaas rond, ek dog ek ry oor ‘n swart pyp wat regoor die pad l├¬, toe is dit altyd┬á‘n lang swart mamba.┬áDie probleem is nou iemand moet eerste uitklim om te kyk of die mamba nie om die wiel gedraai het of in die enjin sit nie. (het julle ook al van die stories gehoor?) Om een of ander rede besluit Van hy is die man. (Seker maar omdat hy die gevaarlikste werk het)

Nou moes julle sy uitklim uit die kar sien. Dit┬áwas nie ‘n gewone uitklim nie. Dit was ‘n spring uitklim. (Hy het van die kar af so ‘n meter verder eers grond geraak)

Nou behoedsaam om die kar loop en oral loer. Toe hy voor by die enjin rond kyk toe druk ek die hoeter. (Julle moes Van hoor in tale praat)

Die aand breek aan, die manne braai vleis en probeer die drank opdrink (dit werk toe nie)

Ek wil nou nie name noem nie, maar party mense het so lekker gekuier, hulle kon nie die toilet se deur oopkry nie. Ander weer….het vir ons dieselfde storie seker 15 keer vertel. Ag maar wat, ons is family en vrinne, en as ons kuier kuier ons.

Skoonpa loop weer oudergewoonte met sy vruggies ingel├¬ in mampoer rond en almal kry ‘n happie. (Yolandi kry altyd 5 happies!)

Die tafels kreun onder die kos, en almal is happy en in ‘n kuier bui. (party baie meer as ander)

Die kinders is sommer almal op ‘n krismis bed in die sitkamer aan die slaap. Miya speel so lekker met haar klein niggies en nefies sy wil nie┬áeers eet nie, dit mors net haar speeltyd.

Die volgende dag maak Bettie vir ons die heerlikste vetkoek, kyk, die vrou mag maar bak hoor. Haar hande staan vir niks verkeerd nie.

Die middag leer Tommie, Van en Jacques bietjie vir Surika en myself boogskiet terwyl die kinders nog steeds probeer om die jumping castle pap te spring. Met my eerste pyl skiet ek amper my eie arm af met die snaar. Vrek maar dis seer. Bettie smeer bietjie vanilla essence aan, dit help skynbaar vir die swel en blou raak. Ek moet sê, dit werk.

Net voor ons huis toe ry wil ons die mooi sunset oor die dam afneem, en toe re├źn dit uit, en hier re├źn dit maar min. Wat is die kans?

Miskien het ons vir hulle re├źn gebring.

Tommie en Bettie, julle is werklik van die heel gasvryste wat ek nog gesien het. Dankie vir die heerlike naweek.

TAGS
RELATED POSTS