Chucky elektriese verbeteringe
Ek het agter in Chucky ‘n Deep Cycle battery laat inbou. Erich by 4×4 Mega World in Menlyn het die Kas gebou. Aan die buitekant is ‘n 150 true sinewave inverter en battery monitor wat ek by HCDP Electronics gekoop het. Die True sinewave inverter het sommer na die eerste twee weke se gebruik al die gees gegee. Ek het dit teruggevat na HCDP toe, en na 4 weke eers terug gekry. Ek hoop al die probleme is nou uitgesorteer. Manie van HCDP reken ook die baie beter as jou deep Cycle battery nie in die hitte van die enjin is nie maar binne in die koeler kar. Ek gaan nou nie met die man stry nie, dit klink my of hy weet waarvan hy praat. Ek hou sommer my Mag lite ook hier. Altyd byderhand, mens kan nooit genoeg lig hê as jy kamp nie. Ons ry nog ‘n 600 watt inverter ook saam oral. maar ek hou van die true sinewave as ek my kamera en drone se batterye charge.
Bo op die boks is my brandblusser. Die fitting waarin jy dit koop werk net nie lekker nie. Jy hoef net so 3 km op ‘n slegte pad 4×4 te ry dan val jou brandblusser uit. Ek wil nog ‘n paar velcro straps kry om dit mee vas te maak.
Ek het sommer terselfdertyd ‘n DC to DC charger ook ingebou, dit charge my deep cycle battery binne in Chucky en die een in die treiler lekker vol.
Hier is die Andersen plug waar jy die extension inplug na Skillie se battery toe. Die blou plug is waar mens jou solarpanels (wat ek nog moet kry) inplug om kou bayyery te charge.
Ek het vir my ‘n lekker LED lig teen my dakrak laat installeer. Mens het altyd ‘n lekekr skerp lig nodig. Dis ook lekker as ek my kameras in die aand in en uit moet pak in die drawer system of as ek iets aan die agterkant soek in die donker.
Hier is die skakelaar binne in Chucky waar ek die buitenste LED lig aanskakel. Ek het sommer ‘n hella plug ook hier laat inbou.