Voertuig en treiler modifikasies

Chucky kry ‘n nuwe radio

By
on
12/04/2016

Ek hou baie van my Prado, maar nie van sy radio nie. Ek was nou al gatvol om dieselfde cd’s oor en oor te luister op vakansie. Om nie eers te praat van al die plek wat dit opvat nie. Hierdie radio waarmee die Prado uitkom het ‘n tape deck in. Maar ek besit nie meer tapes nie. Ā Ons luister Apple music, en al ons musiek is op ons ipads en ons iphones. Maar die kan jy nou weer nie by die radio inplug nie.Ek het toe belĆŖ in ‘n Alpine radio. Hy het Bluetooth, Aux, en ek kan nou sommer my foon gebruik oor die bluetooth stelsel van die radio. Jy kan selfs jou facebook notifications op die radio kry. En dit alles vir R3900.00 by new World in menlyn. Die faceplate het ek by Hatfield Sound en Security gekoop, R1050.00. Hulle het ook die radio installasie baie professioneel gedoen. Dankie Nash!

Hier is Chucky met sy ou radio

IMG_0495

En dis soos dit lyk as hulle jou radio uithaal. dis op die stadium wat jy begin bid dat die manne weet wat hulle doen. Dit lyk dan of hulle die dashbord met ‘n bom oopmaak?

IMG_0496

En hier isĀ die Alpine klaar in. My iphone het in ‘n japtrap met die radio ge konnekteer, en kort voor lank het ek na die klanke van Guns en Roses se “Sweet child of mine” geluister. Nou nog net die instruction manual deurlees. Of wag…mans lees mos nie instruction manuals nie?

Lekker man…lekker!

 

IMG_0498

TAGS
RELATED POSTS