Voertuig en treiler modifikasies

Chucky kry ‘n paar upgrades

By
on
13/10/2015

Hierdie week gaan daar ‘n paar dinge met Chucky gebeur. Nr 1 is nuwe bande. Ek het laasweek uitgevind dat my BF Goodrich All Terrain Ko’s op een plek heeltemal sy thread verloor het, en daar is dit deur tot op die seil (of wat ookal onder die thread is)

Die tyre soekery is moeiliker as wat dit klink. Elke ou het sy eie opinie omtrent tyres, gewoonlik is die wat hulle verkoop die beste, of die wat hulle die meeste wins uit maak is die beste.

Rudi het so pas KO2’a gekoop, hulle lyk BAIE indrukwekkend, maar teen R3500.00 ‘n band moet hulle seker lyk. Ek het na baie wik en weeg en baie gesels met Henk van Exhaust & Tyre by Menlyn besluit op die General Grabber AT’s. Slegs R1750.00 per band. Ek het toe 4 laat opsit. Hulle ry sommer baie lekker. Ek het hulle laat opsit op 231,115 km, sal sien hoe lank hou hulle.

Die oue en die nuwe.

DSCF9742

More moet ek gou na HCDP toe dat Johan my kan help kyk wat is fout met Skillie se krag.

Donderdag gaan ek ChuckyĀ laat diens by Toyota, syĀ eerste diens vandat ek hom het.

Vrydag is die groot dag. Ek laat ‘n Ironman Commercial Deluxe Bullbar opsit asook ‘n Ironman Snorkel. Kan nie wag om te sien hoe gaan Chucky dan lyk nie.

Ek het ‘n goeie prys gekry by Ironman4x4 South, Arnold het my die volgende gekwoteer.

Bullbar: R11995.00

Installasie: R1056.00

Snorkel: R2995.00

Installasie: R769.00

Die enigste nadeel is ek moet Alberton toe ry daarvoor, maar as jy vat hulle is R3000.00 goedkoper as Voetspore dan is dit ‘n bargain. Ek het Danie by Voetspore gebel, hulle kon nie die prys klop of ewenaar nie.

En Vrydag gaan ons weer kamp. Ons het toevallig weer die naweek af. Die keer gaan ons Ibizi toe by Warmbad.

 

TAGS
RELATED POSTS