Dullstroom trippie
6 Augustus 2017
Afstand gery die dag vanaf ons huis in Pretoria. 520 km
Dis Sondag, en ons is lus om bietjie uit die stad uit te kom.
Ons besluit om Dullstroom toe te ry, met die agterpaaie natuurlik.
Hier is die roete wat ons gery het. Dis ‘n baie lekker pad en ons kan dit gerus aanbeveel.
Van Pretoria af vat ons die M30
Draai dan links op die R25
Ry verby Bronkhorstspruit
By Verena ry jy met die R25 oor die R544 en draai dan regs op ‘n grondpad. (S25° 28.862′ E29° 01.757’)
Hierdie is ‘n lieflike pad wat natuurskoon betref.
Draai regs by die T aansluiting (S25° 19.861′ E29° 16.707′) in Loskopdam se rigting
Draai Regs op die N11
En weer Links by S25° 23.962′ E29° 22.175′ op die grondpad
By die T aansluiting (S25° 22.350′ E29° 25.261′ ) draai jy regs
Ry tot by die R33 en draai regs
Draai Links op die R555
En weer Regs op die volgende grondpad (S25° 22.029′ E29° 51.361′)
Die pad split by S25° 24.554′ E29° 54.166′ Hou links
Draai regs by die T aansluiting op die Tonteldoos road. (S25° 22.910′ E29° 59.643’)
Hierdie pad vat jou verby Dunkeld Country estate en binne in Dulstroom in.
Draai links op die R540
En hier kom ‘n baie lekker deel.
Draai regs by S25° 23.821′ E30° 07.565′
Jy is nou op die Groot Zuikerboskop pas
Ry tot by die T aansluiting (S25° 22.767′ E30° 13.620’) en draai Regs.
Hierdie pad sluit weer aan by die R540 anderkant Dullstroom
Ry deur Belfast en klim op die N4 terug na Pretoria.
- DCIM100GOPROGOPR1619.JPG