Voertuig en treiler modifikasies

Frontrunner laai sisteem

By
on
27/08/2015

Ons het altyd ‘n probleem as ons op vakansie gaan. Kameras, kameras en nogmaals kameras. Ek meen, ons is darem fotograwe. Die helfte van die kar agter is net kamera toerusting.

Die probleem is nie om dit in te kry nie, dis die uitkry gedeelte as jy langs die pad stop en┬á‘n foto wil neem. Daar moet altyd ‘n klomp goed afgehaal word om by die kamera sakke uit te kom.

Toe kry ons die Frontrunner sisteem en installeer dit sommer self. Al ons kamera toerusting pas nou lekker daarin. trek die laai oop, en kry die kamera of lens wat jy wil hê. Die dividers vir die bokse het ons by Outdoor Photo gekoop

Dis lekker veilig ook, tevore was ek altyd bang iemand slaan ‘n venster uit en gryp net ‘n kamera sak, hulle gaan bietjie sukkel om deur die staal te kom. Die bokse kan ook een een of almal uitgehaal word as ons by ‘n shoot of ‘n troue is, ons het ‘n klein trollie gekry waarmee ons dan net die bokse rondtrek.

web-frontrunner

TAGS
RELATED POSTS