4x4 Roetes Dag Uitstappies

Groenkloof Nature reserve 4×4 roete

By
on
14/05/2015

Ons was lus om bietjie uit die huis uit te kom, ons wou in die natuur wees, ek wou bietjie 4×4 ry, ons wou nie te ver ry nie…en ons wou braai. Terwyl Surika en Timothy Saterdag by ‘n troue was het ek so ‘n bietjie gaan Google. En toe besluit op Groenkloof Nature reserve in Pretoria, reg langs die Fonteine. Regmerkies in al die blokkies. So 15 km van ons huis af…volgens my nuwe GPS. Wat ek so tussen hakies die hele Saterdag sit en uit figure het. Eers gedink ek gaan die gps en Basecamp nooit baasraak nie, maar so 3 ure later het ek al so ‘n bietjie soos n pro begin voel. Wys jou … RTFM (Read the fricken manual).

Nogal heel goedkoop gewees om in te gaan. R100 vir die trail, R35 per grootmens, en R20 vir Miya. Gewapen met Tracks 4 Africa op my Garmin het ek presies geweet waar ons gaan ry. Man, dis darem lekker om ge organise te wees.

Dis regtig ‘n heerlike roete om te ry, glad nie te moelik nie, alhoewel daar wel moelike stukke is, heelwat diere (ons het zebras, rooibokke en BAIE fietsryers gesien) skynbaar is daar kameelperde ook, maar die kon ons nie sien nie. ‘n Lekker gesins uitstappie vir ‘n dag.

Groenkloof se clame to fame? Dit was die eerste geproklameerde game sanctuary in Afrika, geproklameer deur pres Paul Kruger in 1895.


Hier teen 13:00 se kant het ons ‘n plekkie gaan soek om te braai, eers gedink alles is vol, maar nog bietjie rond gery en toe op die plek afgekom, ek dink ons het die lekkerste braaiplek van almal gekry

Ons braaiertjie uitgehaal, vuurtjie aan die gang, ‘n koue biertjie uit ons National Luna gekry, dis mos nou die lewe man.

‘n Paar skaaptjoppies, wors, rump en hoender beentjies van King’s Slaghuis ¬†gebraai, mens ruk mos altyd die dam onder die eend uit as jy gaan braai. Altyd te bang die kos is te min, en na die tyd vind jy uit jy kon nog twee gesinne kos gegee het.

Net twee dinge het die dag bietjie versuur.

1. Ek wou ‘n foto van Miya in die rivier neem

…en toe laat val ek vir Frank (ons drone) in die water. Timothy is dadelik in die rivier in, maar Frank was klaar onder water. Ons het die battery uitgehaal, en hom by die huis in rys gesit om die nattigheid te probeer uitkry. (Ek hou duim vas, maar hy is darem verseker). As dit nie werk nie het ons darem nou rys vir die volgende jaar.
2. Terwyl Surika vir Miya by die parkie entertain het (sy het ook haar eerste bysteek hier gekry) ¬†het daar ‘n meisie van so 16 aangehardloop gekom. Sy en haar ma is nou net op een van die trails deur 3 mans oorval, sy kon wegkom. Ons het later gaan probeer uitgevind wat toe gebeur het, maar die weergawes verskil van sy is met ‘n mes gesteek, tot sy het haar gewrig seergemaak. Ek kan nie dink dat Munisipaliteit van Tshwane (Pretoria) nie sorg vir beter veiligheid hier nie. Hier was al probleme. Soos Surika s√™, een ou op ‘n quad bike gaan al ‘n goeie afskrikmiddel wees.

Ons hoop maar hulle was ok

Hier lyk ek so ‘n bietjie gatvol vir myself na my waterlanding…

  
…en Surika en Timothy geniet ‘n kouetjie.


Voordat ek Frank in die water laat val het het ek so ‘n klein videotjie met Frank geneem van ‘n paar manne wat ons op die roete raak gery het. Hulle is by die moeilike plek op (ek het besluit daar is te ‘n groot kans ek gaan Chucky seermaak en het dit eerder nie gery nie. Hoe moeilik was die stuk toe? Toe ons die manne net na die moeilike stuk (3 ge rate) kry en vra wat hulle doen was sy pittige antwoord (ons ruil gou ons nappies om…hahaha)

 

Baie lekker dag gewees. Sal ons weer soontoe gaan…beslis

Sal ek weer met Frank oor die rivier vlieg….uhm…seker ook.

All in all ‘n vrek lekker dag…wat dalk ‘n vrek duur een kan uitdraai.
Groenkloof Nature Reserve Coordinates ‘S25 47 379 E028 11 764

http://www.tshwane.gov.za/sites/tourism/NatureConservation/Pages/Groenkloof-Nature-Reserve.aspx

JC Crafford

TAGS
RELATED POSTS