Hennops 4×4 saam Rudi, Jenny en al ons kinders
Hierdie keer kon ons die 4×4 trail ding saam Rudi en Jenny gaan doen. Die laaste keer was net na een van my oog operasies en die dokter het nie gedink dis ‘n goeie idee as ek al sy harde werk ongedaan gaan maak deur rond te rits op ‘n 4×4 track nie.
Ons het sommer op Hennops hier naby ons besluit, en dit was ‘n goeie besluit hoor, dis ‘n lieflike track, uitdagende stukke hier en daar, maar nie so erg dat jy jou voertuig gaan beskadig nie.
Dis nou al ‘n lang ruk vandat ons bietjie saam Rudi en Jenny gekuier het, en ons het hulle al regtig gemis, die opgewondenheid was groot om ‘n dag saam te spandeer. Miya was so excited om saam Jessica te kuier sy kon amper nie die week slaap nie.
Ons was so 20 min laat (Surika se hare het bietjie langer gevat) en Rudi hulle was klaar daar toe ons daar aankom. Binne die eerste 2 min het die kinders hulle Stikeez uitgehaal en doubles begin uitruil.
Timothy het begin tyres afblaas vir die trippie en ons was reg vir die dag.
Hier is ons by die eerste obstacle. Dit was Rudi se eerste regte 4×4 trail, maar hy het hom soos ‘n pro gery.
By elke obstacle was dit dieselfde storie, klim uit, bespreek wat ons gaan doen, kuier eers ‘n bietjie, en dan vat ons hom.
Ons altwee ry Prado’s, so daar was nie die gebruiklike gespot met die ander voertuig oor watter een is die beste nie. By hierdie obstacle het my agterwiel so gelig dat my bestuurderskant se treeplank in die grond in was, almal het aan die ander kant opgeklim en vir Chucky laat terug kantel.
Hier is ek besig om oor ‘n bruggie van houtpale te ry, eers moes Rudi vir my verduidelik en toe ek vir hom. Die Prado is baie breed so hy maak dit net net oor.
Die vrouens moes natuurlik ook probeer, en hulle het hulleself baie goed van hulle taak gekwyt, was natuurlik bietjie nervous vir starters, maar daarna moes ons hulle omtrent uit die kar uit sleep sodat ons weer ‘n beurt kon kry.
Xander het solank begin hout bymekaar maak, die man dink vooruit. Die hout was net bietjie groot om in die karre te laai.
…en terwyl Xander hout soek kuier die girls in die kar.
Hier is ons eerste water obstacle, Rudi en die kinders loop hom deur om seker te maak dis nie te diep nie, en daar gaat ons.
En terwyl die grootmense weereens staan en kuier is die kinders almal die water in(die modderwater moet ek bysê) En niemand het skoon klere daar nie,
Hulle was nou so vuil ons kon hulle nie eintlik meer in die kar laat ry nie, hulle het toe maar verder groot stukke van die trail voor die karre uit gehardloop, sjoe, kinders raak darem nie moeg nie, hulle is soos boesmans in die Kalahari bult op en bult af.
Etenstyd was dit bietjie tyd om te braai, hier kry Rudi en Timothy bietjie die vleis reg vir ons. Great minds think alike, altwee gesinne bring skaapvleis.
Daar was so baie mense wat daar gebraai het, dit het maar sukkel sukkel gegaan om ‘n boom met ‘n skaduwee’tjie te kry.
Die kinders het die zonkies (kruis tussen zebra en donkie) gevoer. Timothy wou vir Miya hulle wys die zonkie is nie agressief nie, en toe storm hy hom, ons was almal verras met hoe vinnig Timothy weg beweeg het. (Ek dink die zonkie was ook)
Hier is ek besig met ‘n obstacle, kan sommer sien ek geniet myself
Wat ‘n vrek lekker dag saam met vriende en familie was dit nie, ons het sommer dadelik ‘n kamp naweek saam ge reël na die lekker kuier. Mens het nodig om bietjie uit te kom, lig jou gat en gaan doen iets lekkers, die lewe is so kort. Maak tyd vir goeie vriende, hulle ken jou after all die beste en dis maar net anders as jy saam ou vriende kuier.