Naweke

Klein Kariba

By
on
15/11/2015
Ons het hierdie nawekie jaloers oopgehou. In ons tipe werk kan jy basies elke naweek werk. Maar een of ander tyd moet jy rus. Ons het mos nou besluit ons gaan een keer per maand bietjie kamp, so dan moet mens maar opofferings maak.
 
Dis nou 07:47 Saterdag oggend. Die kamp is nou wakker, mense stemme oral, kindertjies wat lag en saam met nuwe maatjies speel, ander ry op en af met hulle fietsies in die straat wat deur die kamp loop. Hier loop nou net ’n vrou verby met haar babatjie in ’n “pram”.  Lekker gesinstyd.
 
JCCR4321
Jy begin die bacon te ruik wat gaargemaak word op die Cadac skottelskare by ’n paar kampe. Hier en daar trek daar ’n lui vuur rokie in die lug in. Daar is mos altyd die manne, (soos my skoonpa) wat nie wil gas mors nie, hulle maak koffie op die kole, of anders drink hulle maar net ’n Black Label as hulle wakker word…of sommer altwee.
 
Hier en daar is daar ’n paar mense wat bietjie moegerig lyk, hulle naweek weg begin met ’n babelaas.
 
Surika sien netnou vir Miya in die straat staan. Sy vra vir haar: “Wat maak jy” Miya sê: “Ek probeer maatjies maak” Haha, die kind is omtrent sosiaal, sy wil net gatskuur en kuier.
 
Surika het hoeka gisteraand nadat ek al aan die slaap geraak het ’n dronk vrou hoor “redeneer” Sy het baie hard gepraat, en ’n ander vrou het haar probeer stil maak. Vrou nr. 1 sê toe: “Jong, ek sal praat as ek wil praat, ek betaal vir die stand.” Kan jy nou meer, sy betaal vir die stand, maar so doen die mense wat se tent 3m van haar af ook staan.
 
Dit kon dalk ons bure gewees het, hulle het ons kom vertel dat die sekuriteit hulle moes kom stilmaak gisteraand. Hulle is nuwe kampers, op slegs hulle tweede kamp, so hulle weet dalk nog nie mooi hoe werk die kamp etiek nie.
 
Dis altyd interessant vir my hoe vinnig maak mens vriende by ’n kamp. Ek weet reeds ons buurman aan die een kant se naam is Jan-Hendrik, en die mense aan die ander kant is Marnus en Liesl. Maar in my huis in die stad, waar ek al 3 en ’n half jaar bly, ken ek nie my bure se name nie. Mens is net soveel meer gemoedelik by ’n kamp terrein. Meer in ’n kuier bui, meer vergewensgesind, meng makliker, doen meer dinge saam. So wie is ons eintlik, ons stads persona, of ons kamp persona?
 
JCCR4333
Oorkant ons kamp Johan en Riana Steyn. Hy is ‘n pro golf afrigter by Tuks en sy is ‘n dosent by Tuks. Baie oulike mense.  Hier is hulle besig met hulle breakfast
 
Ons het gister bietjie vroeêr by die huis weggekom, ons wou nie weer in die donker kamp opslaan nie. 14:20 toe is ons hier. Ingeboek, en besig om kamp op te slaan. Gewoonlik vat dit ons twee ure om kamp op te slaan, gister het ons na ’n uur alreeds met ’n Black label onder ons gazebo gesit.
 
JCCR4322
 
Pap nat gesweet in die hitte. Eerste Black label in ons maag, en tyd om ’n swembad te soek, ons moes die week se hitte uit ons uit kry. Hier is ’n hele paar swembaddens, en ons weet nie watter is warm water, watter is lou water en watter is koue water nie.
Gelukkig het Surika ’n baie analitiese brein. Ek stop by die een swembad en se vir Miya: “Gaan voel gou of die water warm is” Surika sê:”Sy hoef nie te gaan voel nie, dit is warm water” HUH? “Hoe weet jy dit my skat” “Daar sit 3 ou tannies in die swembad, ou tannies swem nie in koue water nie” My slim vrou.
 
JCCR4340
 
Lekker in die swembad gekuier. Ons ontmoet toe vir Hennie en sy girlfriend, Euodia, hy is ’n Ou Mutual makelaar, spesialiseer in aftredes sê hy. Ek kon sommer hoor aan hoe hy praat hy is een of ander tipe salesman, ek het net nie geweet wat nie. Hulle is al ’n paar dae lank hier en het ons vertel van die unimog waarop jy kan ry, waar die staproetes en super tube is, waar sy kantore is, waar hulle wil vakansie hou Des, van sy kind wat kom kuier, hoe die plek oorstroom het, ens ens. Ons het lekker vriende gemaak daar met Hennie en Euodia in die swembad, terwyl Miya op sy pool noodles en tube rondfloat. Hy het later sommer die een pool noodle vir Miya gegee.
 
Die apies is bietjie van ’n probleem hier, Miya het ’n experience met hulle gehad. Die apies loop naby ons klere langs die swembad rond, en ek stuur Miya om hulle te gaan wegjaag. Toe sy naby kom jaag die apie haar, tot binne in die swembad, almal in die swembad het hulle doodgelag. Hulle het sommer in ons kamp ingekom en een van ons uie gevat. ek hoop sy oë traan lekker
 
JCCR4335
 
Gisteraand het ons ’n verskriklike lekker ete ge eet. Ons het bietjie Jan Braai se boek Vuurwarm Jan Braai nader getrek en twee resepte daaruit gemaak, die brandrissie botter T bone op bl 16 en die Jong aartappels met knoffel, botter en roosmaryn op bl 142. Ons het amper ons vingers af geet. Jan Braai, jy is ’n legende my maat.
 
JCCR4320
 
En nou lê die naweek voor ons, o ja, ek het nou ook al terwyl ek hier skryf ’n Black Label oopgeskeur, dit help nogal met die kreatiewe denke hoor.
 
Breakfast van bacon eiers en worsies in die maag, en ons dag gaan nou in alle erns begin. Eerste natuurlik swembad toe. Ons kuier weer vir Hennie hulle raak in die swembad. En ontmoet sy seun Dirk en die se meisie ook. Snaaks genoeg verskil Surika en ek 19 jaar, en Dirk en sy meisie ook. In hulle geval is Dirk net die jonger een. Hulle stem saam ons, ouderdoms verskil en liefde het niks met mekaar te doen nie.
 
Later toe besluit ek ons kan nou ook nie heeldag in die swembad sit nie. (Miya en Surika stem natuurlik glad nie met my redenasie saam nie) Hulle twee sou goeie seekoeie gewees het, hulle wil net heeldag in die water ronddryf.
 
Ons besluit toe ons gaan bietjie afloop dam toe, op pad kry ons weer vir Hennie en kie aangery kom, hulle het nou net van die dorp af gekom, en stop ons net daar in die straat. Druk vir ons ‘n court Castle chocolate milk stout en biltong sticks in die hand, en daar staan en kueir ons klomp sommer net daar langs die pad. Later begin dit te reën, maar dit keer ons nie, Dirk haal vir ons hnddoekke uit die kar uit, en ons staan net met die handdoeke oor ons kop en kuier…en drink Castle Chocolate. Wat is volgende?
 
JCCR4346
 
Hierdie klomp in die dam is ook in die reën gevang.
 
JCCR4342
 
Miya is nou bietjie suurgat, ons kan nie bootjies ry nie, dit kos R20.00 vir ‘n halfuur, maar jy moet die kaartjies bo by die info kantoor koop. Sy is ook nie nou in ‘n mood vir familie fotos nie.
 
JCCR4348
 
Ook nie baie lus om model te speel nie. (kyk daardie breë glimlag)
 
JCCR4350
 
Ons besluit toe ons gaan vir Ozzie en vir Frank haal.
 
Hier is so ‘n paar lugfotos wat ek met Frank geneem het. Ek dink dit moes nogal ‘n vreesaanjende gesig gwees het destyds met die oorstromings by Klein Kariba toe die watermassa hier in die kloof afgekom het.
 
DJI_0002
 
Daar is skynbaar nou nog ‘n motor onder die water van die dam wat tydens die vloed hier afgespoel het. Hennie vertel vir ons die water is 3-4 m hoog oor die swembad waarin ons geswem het.
 
 
DJI_0005
DJI_0007 DJI_0008
 
Oral waar ek  met Frank vlieg is daar baie gou ‘n paar belangstellendes wat kom kyk. Die een vrou het my kaartjie gevat, sy gaan my skynbaar more bel, sy wil lugfotos erens geneem hê.
 
 
DJI_0012
 
Op pad terug kamp toe loop ons toe so met die rivierloop op. Ons kry toe vir Douglas en sy seun langs die water. Hy werk by Klein Kariba en kom bietjie karp vang. Jy kan sien die man ken sy storie hoor. Kyk net daardie vis boks met al die geheime goedtjies in. En jy kan hoor sy seun het sy pa se belangstelling ge erf. Die mannetjie vertel my goed van visvang wat ek nog nooit eers van gehoor het nie. Dis darem so lekekr as ‘n pa en ‘n seun so saam dinge kan doen. Hierdie laaitie sal hierdie oomblikke altyd onthou.
 
JCCR4355
 
Surika met Ozzie, en Miya en ek speel die heeltyd model.
 
JCCR4357
 
Hier moet ons vooruit stap, Surika neem ons af.
 
JCCR4351
 
En nou moet ons die panorama funksie uitprobeer. 5 de foto toe is Surika eers soort van tevrede met hoe sy op die foto lyk. (Vir my lyk sy altyd oulik) Hierdie is ‘n 360 grade panorama.
 

DCIMPANORAMA100_0011PAN

Al weer tyd vir kos maak. Weer uit Jan Braai se boek uit. Surika maak potbrood en die vuur moet net reg wees. Hier staan haar potbrood bietjie en rys langs die vuur.

JCCR4365JCCR4360

Surika maak ook ‘n lekker samioen dis met room by, en ek maak die hoender in ‘n pot. Hierdie kos was net so lekker soos gisteraand s’n

JCCR4368

Ons drie is nou eers weer na die binneshuise swembad toe, wou darem die dag afsluit met ‘n lekker swem.

By die swembad het ‘n ou eers kom probeer vriende maak met ons, hy is uit sy vrou uit, en mis sy gesin verskriklik, hy het die naweek Klein Kariba toe gekom om tyd te kry om te dink. Ek wil nou nie snaaks wees nie, maar as ek gebroke is oor my egskeiding en gesin wat ek verloor het gaan ek nie na ‘n gesinsoord toe kom nie. Ons het ons maar vinnig uit die spore gemaak, iets klink nie reg hier nie.

Hierna het ons toe vinnig deur ‘n shower gaan spring, en in die bed. Timothy en Carina is nog besig met ‘n video by ‘n verjaarsdag viering. Die mense was so laat met hulle party, Timothy hulle het eers 01;30 geloop ipv 23:00. Party mense het mos nou maar net nie ‘n tyd nie. In die tussentyd sit ek wakker in ‘n doodstil kamp en kommunikeer per sms met Timothy hulle. Dis nou as die sms’s deurgaan. Dis een van die slegte dinge van Klein Kariba, hier is basies geen sein nie. Hulle het by ons bure by die kamp se huis ingebreek, en die oom het eers 3 ure later die sms gekry. Hulle het dadelik opgeslaan en is sak en pak daar weg. So wil ek nou ook nie my naweek eindig nie.

So 02;30 kon ek toe weer gaan slaap, almal veilig by die huis.

Vanoggend het ons wakker geword met die bure se babatjie se geskree in ons ore, die kind skree al die hele naweek, ek dink nie hy/sy hou baie van kamp nie.

Mense begin hier en daar  kampop te slaan, ons maak eers ‘n lekker koppie koffie met Pick ‘n Pay se tuisnywerheid se beskuit. Kamp sonder koffie en beskuit is maar net nie kamp nie.

Hierna het ons bietjie gaan bootjies ry, ons het besef dat ons kind nooit weer met ons sal praat as ons nie gaan bootjies ry nie. En teen R20.00 per halfuur is dit ‘n bargain. Nogal lekker pret gewees.

Hier sit ek luilekker en ontspan terwyl Miya bietjie trap.

DCIM100MEDIADJI_0059.JPG

Selfie tyd met Ozzie.

DCIM100MEDIADJI_0055.JPG

DCIM100MEDIADJI_0049.JPG

DCIM100MEDIADJI_0042.JPG

DCIM100MEDIADJI_0037.JPG

DCIM100MEDIADJI_0033.JPG

DCIM100MEDIADJI_0032.JPG

DCIM100MEDIADJI_0028.JPG

DCIM100MEDIADJI_0025.JPG

DCIM100MEDIADJI_0024.JPG

Na die oefening van die bootjies ry was ons natuurlik rasend honger,gisteraand se oorskiet, dis nou eers lekker.

JCCR4374

Surika het gaan skottelgoed was. Ek weet nie hoe kan twee en ‘n halwe mense so baie skottelgoed hê nie, maar nou ja. Ek het solank begin kamp afslaan. Ander probleem, Surika moes in koue water was, daar was nie warm water nie.

JCCR4338

Klaar opgeslaan, het ons eers weer gaan swem, en gaan super tube gly. Ek en Miya is saam die eerste keer af. Ek het bietjie lank laas super tube gegly, en versuip toe amper. Ons twee saam tref die water teen ‘n hengse spoed, my mond was oop, en ek probeer vir Miya bo die water hou. So ‘n paar glye later was ek ‘n pro, en Miya wou nie ophou nie.

Ons naweek by Klein Kariba was verby, en dit was baie lekker. Ek kan nou sien hoekom was hierdie my ma se gunsteling vakansie oord, dis ook die laaste plek waar sy vakansie gaan hou het voor haar dood.

Mens moet maar jou geliefdes geniet terwyl jy kan. Ek sou wat wou gee om net een keer saam my ma hier vakansie te kon gehou het. Ek dink sy en Miya sou mekaar vreeslik geniet het.

Ek rate Klein Kariba so 4 uit 5. Dis ‘n baie mooi plek, met baie om te doen, maar die kamp was  regtig oovol en dit maak dat klein probleempies insluip. Ons badkamers was nie baie netjies nie, vloere was vuil in die oggende en vol water. Ons moes in koue water skottelgoed was, en ons krag was ook Saterdag af vir ‘n ruk. Ons was by Klein Paradys ook as dit vol is, maar dit voel nie daar of mens so op mekaar gedruk is nie. ‘n Ander ding wat my regtig pla is die gebrek aan selfoon sein. Dit maak dinge baie moeilik vir mense wat wil wegbreek maar wat moet in verbinding bly met die buitewereld.

Ons het R925 vir my, Surika en Miya betaal vir die twee naweeks aande.

Ons moes nou terug ry, maar ek was nie lus vir die highway en tolgelde nie. Daardie lang reguit pad van Bela Bela af na Pretoria is te vervelig. Ons besluit toe om bietjie te verken. Gewapen met my Tracks 4 Africa guide map ry ons toe ‘n paar ompaaie terug Pretoria toe. 172 km ipv 120km, ‘n paar grondpaaie en klein teerpaadtjies ipv die highway, maar dit was die moeite werd.

Hier is ons naby Siyabyuswa (dink ek) Miya het die wereld en ryery baie geniet

JCCR4377

En ons is ook verby die afgeleë plaasopstal. Ek wonder wat is die storie agter die opstal. waar is die mense wat hier gebly het, aan wie behoort die plek nou, en hoekom staan dit leeg.

 

JCCR4381

Dit was toe vreeslik lekker om die ompad en grondpaaie terug te ry huis toe. Deur Settlers, verby Rust de Winter. Daar is soveel mooi rondom ons, maar ons bly net altyd op dieselfde teerpaaie, en mis baie interessante ding as gevolg van dit. Ek dink die lewe is ook so. Dit raak eentonig want ons doen dieselfde goed oor en oor. Ons moet so ‘n bietjie meer van ‘n avontuurlustige gees hê, nuwe exiting dinge doen en ontdek. Dan gaan die lewe sommer weer lekker wees.

Screen Shot 2015-11-15 at 23.16.49

Laastens sit en dink ek die naweek, hoekom kamp mense?

Watter tipe mense is dit wat kamp?

Want kom ons weer eerlik, jou huis is baie gemakliker en meer privaat as enige kamp terrein

Daar is hierdie man met sy mooi Mercedes Motorhome en hy sleep ‘n Smart car agter hom aan, dan is daar mense met baie duur off road karavane, en mense met gewone klein karretjies met net ‘n goedkoop tentjie en stoele in. Maar almal kamp.

JCCR4375

Is dit dalk die mens se behoefte om weg te kom? Om in die natuur te wees? Om kwaliteit gesinstyd te hê?

Of is dit dalk net dat ons daardie ontdekkings geen van die ou Voortrekkers in ons het? Ek is nie seker nie. Ek weet net dat dit vir ons lekker is om uit te kom. Lekker is om om daardie vuurtjie te sit in die aand en jou vleisie te braai. Om rond te kyk en met die oog te steel wat ‘n ander ou met sy treiler of 4×4 gedoen het. En te beplan wat jy volgende met joune gaan doen. Dis lekker om nuwe vriende te maak, om sommer in die badkamer met ‘n wild vreemdeling te kan begin gesels.

Ek weet net, ek hou daarvan om nuwe plekke te sien en nuwe dinge te ervaar.

Ons gaan nog die mooi land van ons plat reis in die volgende paar jaar.

Ek sien sommer al klaar uit na ons Wild Coast vakansie in Desember.

 

 
TAGS
RELATED POSTS