Yashica 635
Elke dag

Mamma se kamera

By
on
25/11/2019

My pa het baie belang gestel in Fotografie. Hy was ‘n baie ernstige amateur fotograaf en het vir sy universiteitsstudies betaal deur troues af te neem. Toe hy my ma ontmoet het het hy gevoel my ma moet ook ‘n kamera h├¬ en hy het toe vir haar die Yashica 635 gekoop. My pa self het met ‘n Rolleiflex TLR afgeneem.

Soos ek my pa geken het was daar twee redes hoekom hy vir mamma die kamera gekoop het.

  1. Hy wou hê sy moet sy belangstelling deel en
  2. Hy kon my ma se kamera leen wanneer hy troues afneem. Hy kon dan ‘n kleur film in die een kamera laai en ‘n swart en wit film in die ander. (Ek dink laasgenoemde was die grootste rede hoekom hy vir haar die kamera gekoop het)

Mamma het egter nooit belanggestel in die fotografie ding nie, nie eers ‘n bietjie nie. Sy het ‘n “Mental Block” gehad teen enige vorm van tegnologie. (Ek het haar bv. jare later probeer wys wat kan haar selfoon alles doen. ) “Ag boeta” het sy dan gesug. “Ek is nou te oud om van die goed te leer my kind”

Mamma se Yashica 635 het altyd in haar kas gel├¬, en sy het dit net gebruik as sy moes. Ek onthou as ons op vakansie gaan dan vra my pa: “Liefling, het jy jou kamera gepak?” En natuurlik het mamma nie, sy het dit aspris vergeet. Dan gaan haal mamma maar die Yashica en pak hom in die karavaan se kas in.

So erens in die vakansie sal my pa vra: “Liefling, hoekom neem jy nie bietjie ‘n foto nie?” Mamma se antwoord sal altyd wees. “Ag man, jy neem mos in elk geval alle fotos met jou kamera, dit help nie ek neem ook nie”

So die Yashica het nie baie gewerk in sy lewe nie, ek dink as my ma twee of drie films deur hom gesit het van die 50’s af is dit baie. Maar my pa het hom seker by ‘n paar troues gebruik.

Erens voor mamma oorlede is het sy een dag die kamera vir my gegee, ek dink sy was maar te bly om daarvan ontslae te raak.

Ek het dit toe maar eers in ‘n kas geb├¬re, nes sy, en later dit in my studio uitgestal.

Die Yashica is nog so nuut, hy het nog sy JCII Passed “sticker” op wat opgesit is ten tyde van die uitvoer uit Japan uit. JCII staan vir Japan Camera Industry Institute.

Gister het ek besluit ek gaan nou vir die kamera ‘n film kry en ek gaan dit laai en kyk hoe werk hy nog. Eers moes ons die Yashica 635 “badge” wat afgeval het weer opkry. Surika is die handigste van ons twee so sy het dit met Pratley Putty opgesit.

Ek het ‘n paar You Tube Videos gekyk om seker te maak hoe laai jy die film en hoe werk die kamera. Baie minder gekompliseerd as vandag se kameras hoor.

Die Yashica se eerste film in seker 40-45 jaar was Ilford HP5 Plus. R150-00 by Outdoor Photo.

Nou gaan ek maar kyk hoe gaan dit, die Yashica moet nou maar op sy oudag begin te werk. Dis nogal baie opwindend om met so ‘n ou kamera af te neem.

Ek dink Mamma sit daar bo en kyk af en dink: “Ag dankie tog dis nie ek wat nou met die ding moet fotos neem nie!”

TAGS
RELATED POSTS