Vakansies

Mbizi naweek

By
on
20/10/2015

Rudi en Jenny het ons vertel van Mbizi net anderkant Bela Bela, en dis waarnatoe ons op pad is. Ons kamp nou al twee naweke in ‘n ry, maar as mens so min af is soos ons moet jy maar die kans aangryp.

Ek het bietjie laat weggekom by Ironman na al die modifikasies op Chucky. Gelukkig het Surika en Timothy solank alles reggekry, toe ek by die huis kom kon ons net hak en ry. Die N1 Noord was baie besig. Waar gaan al die mense heen? Een geluk van die laat ry was dat ek bietjie my nuwe spots kon uitprobeer. (Om beter te kan sien my kind)

Mbizi is in die GPS gelaai en ons is op pad. Ons kom toe eers 08:30 daar aan. Net toe ons by die hek kom¬†kom die vriendelike Johan wat werk by Mbizi agter ons in. Hy sou ons sommer wys waar is ons staanplek. Dit was toe presies waarvoor ons nie gevra het op die telefoon nie. Ons wou nie die gruis h√™ om op te staan nie. En ons staanplek was net gruis. Miskien lekker in die re√ęnseisoen, maar dit was nie nou re√ęnseisoen nie. Johan was op die telefoon en re√ęl ‘n ander staanplek. Ons was net besig om op te slaan, ons tent en Timothy s’n was al op, toe Johan kom s√™ as ons hier wil staan moet ons vroeg Sondag oggend uit want ander mense kom Sondag hier in. En weet jy hoe voel ek oor vroeg oppak die Sondag na ‘n kamp naweek? ¬†Ek haat dit, met ‘n passie. Wat wil ek vroeg by die huis gaan maak? Ek wil nie een dag en twee ure kamp nie. Ek wil twee dae kamp dankie. En daar skuif ons toe maar weer. Ek het nou so ‘n bietjie moeilik¬†geraak vir die situasie. 21:00 die aand en ons het al twee keer geskuif.

Ons het sommer dadelik ‘n vuurtjie gemaak, en toe verder opgeslaan. Teen 22:30 was ons klaar. Lekker rustig by die vuurtjie, die eerste aand braai ons toe wors, hoender en pork rashers van King’s Slaghuis. En dis al wat ons¬†ge eet het. 3 tipes vleis is mos ‘n gebalanseerde maaltyd, of wat s√™ ek?

Die volgende oggend kon ons sien waar ons opgeslaan het. Ons ligte in die treiler werk nou ook vir die eerste keer nadat die db boks wat ons gekoop het eers foutief vas, en ek het gedog dis ek wat verkeerd die drade bedraad het.

So lyk ons kamp setup toe.

20151017_100102 20151017_100135 20151017_100208 20151017_100240

Surika het ‘n lekker breakfast van eiers, brood, bacon en sweetcorn gemaak (Miya wil nog steeds nie mielies eet nie, die kind is geskend na haar vorige mielie eet episode)

Daarna sit ons af na die binneshuise warm swembad, en ontmoet ‘n baie oulike paartjie¬†in die swembad. Christo en Anise. Hulle is van Pretoria Tuine, hy werk vir die stadsraad van Tshwane (amper s√™ ek nou Pretoria) en sy is ‘n suster. Ons staan en gesels¬†sommer so in die swembad vir ‘n uur lank.

Ons moet nou planne beraam vir die rugby die middag. Dis die World cup semi finals. Suid Afrika teen Wallis. ‘n Groot wedstryd¬†vir ons en Suid Afrika. SA moet wen om in die world cup te bly, en dis ons eerste rugby wedstryd¬†wat ons die jaar kan kyk. Met ons werk oor naweke is rugby nie iets wat jy baie kan kyk nie.

20151017_125837

Maar voor die swem is ons eers gou Bela Bela toe om ‘n paar dingetjies te kry. Ons kry ook sommer hout langs die pad, by ‘n baie oulike houtverkopertjie. Dis ‘n seun van so 16, en sy naam is Pretty. Ek weet nie wat het sy ma gedink toe sy die naam gegee het nie. Ek het hom eers ‘n lessie in entrepreneurskap gegee. want nadat hy suksesvol 3 sakkies hout aan my verkoop het(ek wou net twee gehad het) toe probeer hy geld bedel. Ek het hom eers geleer dat hy moet besluit of hy ‘n sakeman of ‘n bedelaar wil wees, hy kan nie altwee wees nie.

Ons het toe op pad terug by Peet se padstal gestop. Een van daai plekke wat al die oulike goed verkoop, jy wil net geld spandeer. Ons is toe daar weg net ‘n boekie vir Miya en ‘n sticker vir Skillie. Miya is nou op die punt waar sy omrent by elke winkel iets wil h√™. Ek kan nie nee s√™ nie, gelukkig is Surika darem bietjie kwaaier.In elk geval, Miya het haar boekie en alles word nou geteken.

Hier is ek by die mans se “wagkamer” by die padstal.haha

DSCF9745

Ek moes net ‘n foto hiervan neem, kyk hulle oulike toiletrol houers

DSCF9747

En die binnekant van die padstal. Ons het amper vir my ‘n hoed gekoop, maar Surika het besluit ek lyk te oud daarin.

DSCF9751

Ons gesinnetjie buite die padstal. Ek het in net so ‘n bus skool toe gery elke dag. Die vrou wat ons afgeneem het se ma was besig om geld te spandeer binne, so sy het baie tyd gehad om fotograaf te speel

DSCF9752

Nou was dit amper tyd vir rugby, ons was so twee ure vroeg vir die 17:00 afskop, maar daar is maar min plek in die pub. Omdat ons so vroeg is sit ons sommer heel voor. ¬†Jy kan maar s√™ ons het nou ring side seats gekry. Bier, dro√ęwors en biltong, en natuurlik rugby. Wat wil ‘n mens nou meer h√™. (‘n Oorwinning oor Wallis natuurlik)

DSCF9754

Saam met ons nuwe vriende Christo en Anise.

DSCF9755

Hierdie is hulle special drink by die bar, ek kan nie onthou wat noem hulle dit nie, en ek weet nie wat gooi hulle daar in nie. Maar die drink kos R40 en die deposito op die teepot is R50. Klink of hulle bang is mens kan nie meer onthou om die potte terug te bring na jy die goed gedrink het nie.

DSCF9756

En wat ‘n naelbyt wedtsryd was dit nie. Dan was ons voor , en dan hulle. Hier teen die einde¬†was hulle¬†voor. Totdat Fourie du Preez oorduik vir ‘n drie in die hoek.

20151017_17255420151017_172531

 

20151017_170159

Die mense het so hard geskree in die kroeg, Miya wat lê en slaap het in haar slaapsak het vervaard opgespring en deur die slaap rondgekyk, geen idee wat nou hier aangaan nie.

Hier is Miya net voor Fourie se drie. Nog salig in droomland.

20151017_180432

Die interessantste van saam so ‘n klomp mense rugby kyk is natuurlik die ander mense se opmerkings. Daar is mos altyd een of ander funny man of vrou wat die pressure slegter¬†hanteer as Heineke Meyer. En almal lag hulle latyd ‘n papie vir die persoon se s√™goed. Ons het ook so ‘n vrou gehad tydens die game. Sy het laterhand net agtergekom sy is snaaks, en toe was dit nie meer snaaks nie.

Daar is altyd mense wat raad uitdeel: “Vorentoe manne, vorentoe.” (Die manne kan jou nie hoor nie, en ek glo nie hulle wil regtig agteruit speel nie. ) Of: “Daardie was duidelik nie ‘n aanslaan nie, die ref is blind” (Dis nou gerig aan een van die hoogs betaalde, beste skeidsregters¬†in die w√™reld…wat elke week ‘n internasionale wedstryd¬†hanteer. ) Of: “Ek kan nie glo hulle speel daardie paloeka in die span nie, so en so is strate beter” (Uhm, ek is seker die afrigter en keuders probeer nie die slegste spelers kies nie) Maar nou ja, dis nou ons volkie, ons is passievol oor ons rugby, en dis altyd¬†so lekker om dit saam met ‘n verskeidenheid ander mense te kyk. En vir hulle manewales en kwinkslae te lag. Ek wil nog eendag ‘n video kamera voor die TV sit, en al die mense wat kyk afneem, video en klank. Man, jy gaan jou doodlag as jy dit kyk na die tyd.

Gelukkig het ons die wedstryd¬†gewen, maar nou wag New Zeeland vir ons…eish.

Die aand het ons lekker gaan slaap, elkeen het sommer net ‘n hotdog vir homself gemaak vir aandete, ons het baie biltong en slap tjips ge eet by die kroeg met die rugby ons was nie lus vir ‘n groot maaltyd nie.

Ek het darem nog tyd gemaak om ‘n paar time exposures te neem van ons kamp . Eintlik was hierdie die tweede stel fotos. Met die eerste stel het ek vergeet om ‘n memory kaart in te sit. (Klink nie na ‘n professionele fotograaf nie ne..haa)

DSCF2790 DSCF2789 DSCF2788

Hier is ‘n foto van Chucky met sy verbeteringe aan. Miya is so impressed met Chucky se snorkel, sy wil h√™ Surika moet vir haar Hyundai Elantra ook ‘n snorkel opsit. Haha, snaaks hoe ‘n kind se kop werk. Ek sal dit nogal wil sien. Miskien begin ons ‘n nuwe mode.

DSCF9758

Sondagoggend. Ek is besig om in te haal op ons blog,

DSCF9762

…terwyl Surika haar nou famous goulash resep maak.

Kyk bietjie na die lang pienk glas voor Surika. Gister terwyl Surika in die Spar is¬†gaan ek toe solank bottelstoor toe. Miya gaan saam my. Ons weet ek kan nie vir haar nee s√™ vir iets nie, so sy gaan saam my want daar is niks vir ‘n dogtertjie van 6 in ‘n bottesltoor te koop nie. Ek was verkeerd, daar was lang pienk glase…

DSCF9766DSCF9768

Wat skryf Miya daar? Miskien haar mamma se goulash resep?

DSCF9770

Ek is tog langer as jy boeta!

DSCF9771

Daar was ‘n klomp nessies in die boom bokant ons. Op nabetragting moes ons miskien nie die tent en gazebo daar opgeslaan het nie, altwee moet bietjie gewas word na die naweek. Die vo√ęls se toiletmaniere laat veel te wense oor.Ek sal ook nie laat een van hulle my huis bou nie, daar het sommer twee nessies afgeval terwyl ons ge eet het, die een reg in Timothy se bord.¬†Gelukkig het hy net klaar sy laaste hap gevat.

DSCF9763

Timothy het vir Miya leer Snap speel, en na so ‘n halfuur ges√™: “Pa, ek dink ek gaan haar nou Vissie leer, sy wen my die heeltyd¬†met Snap” Jy is ‘n goeie boetie Timothy.

DSCF9765

Terwyl Surika kos gemaak het het sy die botter in die pot gesit? Hoekom? Ek weet nie. Maar in elk geval, die vinkies lyk my hou baie van botter, daar was later sommer  5 of 6 van hulle rondom die pot wat die botter eet. Geen wonder die nessies het uit die boom uit geval nie, hulle was seker te dik gevreet gewees.

DSCF2792

Hier het ‘n pou sommer so in ons kamp kom rondloop, die vorige dag was daar ‘n bloukop koggelmander.

DSCF9774

So ‘n paar fotos van Mbizi.

DSCF9776 DSCF9777 DSCF9778

Op pad terug huis toe. Ons het nadat ons afgeslaan het eers gou gaan swem om af te koel. (In die warm swembad. Ja ja. Ek weet dit maak nie sin nie)

En toe het ons lekker koue vleis, gherkins, mosterd, slaaiblare, tamaties en buns¬†gekoop¬†by die Spar in Bela Bela. So ‘n entjie buite Bela Bela het ons afgetrek en middagete gemaak.

Dit het weer gevoel soos toe ek ‘n kind was:

Almal het toe mos langs die pad ge eet. (Was daar toe nie so baie take aways soos vandag nie?)

En die karre toet vir jou as hulle verby ry.

My ma het altyd sulke lekker padkos gemaak, koue vleis, gekookte eiers (klaar afgeskil) frikadelle, Hoenderboutjies, broodtjies met fyn biltong op. Alles toegedraai in sy eie foelie en gepak in mamma se Tuppeware bak wat sy by die laaste tupper party gekoop het. Sout en peper potjies ook styf ingedruk in die tupperware bak tussen al die foelie pakkies. (Die bokant was toegeplak met sellotape sodat die sout en peper nie uitval nie) Ons het dan altyd ook ‘n flask koffie gehad. (Dit was nog in die tyd toe elke¬†flask twee koppies as deksels opgehad het. Ons was 4, so eers drink ma en pa, en dan ek en Hendrik.

In elk geval, dan trek ons langs die pad af waar daar ‘n tafel en stoeltjie oop is. Dit was destyds sulke sement tafel en stoeltjies, met ‘n sement asblik so ‘n ent van hom af, baie kere onder ‘n groot boom gebou, of ‘n afdakkie is netjies oor dit gebou. Deedae kry mens mos nie meer sulke tafels en stoeltjies langs die pad nie. En as jy kry het een of ander idioot die plek so bemors dat jy dit nie meer kan gebruik nie.

Ek onthou partykeer was ons al honger, maar ons kry nie ‘n oop sementafel en stoeltjies nie, almal het daardie tyd dieselfde idee gehad. Dan ry jy maar verder. En ¬†as jy een kry, dan sit jy heerlik tevrede en eet terwyl almal vir jou toet as hulle verby ry. Ek weet nie eintlik wat die toetery beteken nie. Seker maar iets soos: Geniet jou ete, dit lyk lekker wat julle doen…of so iets.

So. Hier sit ons nou lekker en eet langs die pad, en ‘n paar mense toet as hulle verby ry, en ons broodtjies smaak te lekker. En Miya slaap in die kar!

DSCF9780 DSCF9781

Ons naweek my Mbizi was ongelooflik lekker. Ek rate die plek definitief 4uit 5. Hierdie mense doen moeite om almal gelukkig te hou. Johan was altyd erens rond, hy glimlag altyd, en hy is altyd bereid om te help en raad te gee. Hulle geriewe soos badkamers en swembaddens is skoon, en verskriklik netjies. Daar is baie om te doen, putt putt, kinderswembaddens, klouterrame, diere om te kyk, farmyard om die kinders te vermaak ens ens.

Dit het ons R796.00 gekos vir die twee aande daar.

Hulle het selfs staanplekke met hulle eie badkamers as jy dit wil huur. Daar is ook twee staanplekke wat hulle eie privaat jacuzzis het.

Hier is Mbizi se website.

TAGS
RELATED POSTS