Elke dag

Miya se sokkie

By
on
25/11/2019

Die dag het aangebreek. Woensdag 20 November 2019. My kind se eerste partytjie, en uit op haar eerste “date”…met Josh!

In Laerskool Garsfontein se skoolsaal.

Sy is die oggend douvoordag op en aangetrek. Sy was nog nooit so opgewonde om skool toe te gaan nie.

Toe ons haar die middag kom oplaai by die skool is al waaroor sy kan praat die sokkie van die aand. En hoe mooi die skoolsaal opgemaak word. “Hulle hang die hele saal vol sterre pappa, dit gaan so lekker wees, ek kan nie wag nie!”

Drie ure voor die sokkie begin wou sy al aantrek.

Maar haar ma keer: “Dis bietjie vroeg, jy gaan jou klere vuilmaak” Teen 5 uur is Miya toe nou aangetrek en reg vir die ding: Surika het selfs vir haar maskara opgesit. Sy staan en bewe omtrent soos ‘n July Perd by die wegspring.

Sy lyk te pragtig in haar nuwe “outfit” en die handsakkie wat Tannie Karin vir haar gehekel het. Ons het op ‘n stadium ‘n traangas blikkie ook daar ingehad, maar dit toe maar uitgehaal. Netnou spuit Miya dit per ongeluk in die saal.

Miya gaan haar maatjie Shandre en die se date Emile en vir Josh ontmoet by die skool.

Toe ons haar aflaai sit die trane vlak agter my oë. Ons bel haar nog twee keer die aand van 6-9 om seker te maak alles is ok. Sy self bel darem ook een keer om te sê: ‘Dis die beste aand van my lewe pappa”

Die ander drie keer wat ek wou bel het Surika my gelukkig gekeer: “Die kind sal ok wees, die sokkie is by die skool”

Hoeveel hulle toe gedans het weet ek nie, ek het nog nie vir Miya sien dans in my lewe voor vanaand nie. Maar daar is seker ‘n eerste keer vir alles.

TAGS
RELATED POSTS