Elke dag

Miya verloor ‘n tand en sy word 6

By
on
25/08/2015

Die tande wat moet uitkom is ‘n groot ding vir ‘n kind.

Soos Miya sĆŖ, as haar klein tandtjies uitval gaan sy haar “mens tande” kry. Uiteindelik begin die boonste een tand losserig te voel. Maar Miya wil niks weet van iemand trek die tand uit nie, hy moet self uitval. (Ek dink sy is nog bietjie skrikkerig van ‘n vorige los tand was sy gehad het, ek het speel speel gedreig om dit met my Leatherman uit te trek)

Ons sit toe almal een aand in die kombuis, Surika maak kos, en Miya speel met Timothy en Lulu. Soos gewoonlik is Lulu buite haarself. Met die spelery headbutt sy vir Miya…en uit is die tand.

DSCF8713

Miya is nou natuurlik baie excited, hoeveel gaan die tandmuis betaal? Sal Jules nie die tandmuis vang nie, ens.

Nadat die tand mooi skoongemaak is het sy toe darem R30.00 by die tandmuis gekry.

DSCF8722

Twee dae na die tandepisode het Miya verjaar, sy word 6. Baie trots daarop. Die oggend van haar verjaarsdag is sy sommer vroeg vroeg op. Ons maak nog geskenke op toe sy ingewals kom. Ons stuur haar maar toe eers terug kamer toe.

20 min later het ons drie Ā vir haar gaan sing, ‘n Tradisie wat nog van my kinderdae af kom. Die res van die gesin moet die een wat verjaar gaan wakker sing.

Toe is dit geskenke tyd.

Boeta Timothy maak eers ‘n grap en gee vir haar ‘n boks, met een van sy hemde bo op. Miya is lekker disgusted.

DSCF8748

DSCF8754

 

Maar onder sy hemp is daar darem ‘n mooi poppie vir Miya, een ding wat jy altyd vir haar kan koop en waarvan sy altyd sal hou.

Mamma en Pappa koop vir haar die volgende:

  • ‘n Kopflits vir as ons gaan kamp. (Soos julle kan sien het Miya dit heeltyd aangehad.)
  • ‘n SeĆ«lring
  • Naellak
  • Klei
  • Art en Craft goedtjies.

DSCF8743 DSCF8745 DSCF8746 DSCF8758 DSCF8759

Mamma het vir Miya lekker eetgoed gemaak vir die skool, 3 Marshmallows op ‘n stokkie, dan sit jy gesmelte Cadbury chocolate op en dan sprinkles. Alles gaan dan yskas toe.

By die skool het die kinders vir haar Nkosi Sikele Africa gesing…waar in die lewe…haha

DSCF8763

Hier is Miya se hele klas. (die een laaitie, Zane, het onder die tafel weggekruip en is nie op die foto nie)

Oupa Piet en Ouma Bonnie het later die dag oorgekom

Hulle het vir haar klere, glitterpenne en ‘n stikeez gegee.

Ons gaan vir Miya ‘n partytjie hou op Sondag 30 Augustus.

 

 

TAGS
RELATED POSTS