Naweke

Mountain Sanctuary Park

By
on
12/04/2016
Naweek van 29 – 31 Januarie 2016
 
Christiaan het ons van die plek vertel, ons het op die internet gaan kyk en die plek lyk stunning. Rotspoele, pragtige heuwels, en ons bespreek toe ’n plek.
 
Ons het besluit om vir Mika ook saam te vat, sy het nog nooit gaan kamp nie, so ons was nuuskierig om te sien hoe gaan sy optree. Timothy bly die keer by die huis want hy het werk om te doen en ’n party om by te woon.
 
Die laaste entjie pad kamp toe is lekker grondpad en ons verloor ons gasbottel, die hele sweisraamwerk wat Blinkgat Products gedoen het het net afgebreek by die sweisplekke, die een deur wat hulle opgesit het wil ook nie meer toemaak nie. Ek moet sê, ek is nie baie beindruk met hulle kwaliteit werk nie, ek sal definitief niemand na hulle toe verwys nie.
 
Vrydag aand begin ons baie rustig, ons is op ’n dieet, so geen drank, ons eet elkeen ’n T Bone en mushroom wat Surika in foelie toegedraai het en op die kole gesit het, ons eet ons vingers af.
 
IMG_0005 (1)
 
IMG_0017 (1)
 
IMG_0020
 
IMG_0021
 
IMG_0024
 
IMG_0025
 
IMG_0026
 
Saterdag oggend is almal vroeg op. Pro Nutro vir ontbyt, en toe begin ons te stap na die poele toe. Dis nogal ’n rowwe terrein, baie klippe, en heuwel op en heuwel af. Mika is vir my die surprise van die stappie. Sy is 3 jaar oud, maar sy weier om opgetel te word, sy weier ook om gehelp te word…en sy weier dat enigiemand behalwe sy voor stap. As Miya haar probeer verbygaan sê sy net, huh-uh Miya, en su stoot haar agtertoe. Ek het na die tyd na my iphone gekyk. Sy het 5km so voor gestap, 22 keer geval, partykeer huilend opgestaan, maar nog steeds geweier dat iemand haar optel, help, of haar voorste plek vat. Ek het nog nooit die deel van haar persoonlikheid gesien nie. Ek hou van haar determinasie en deursettingsvermoë. Dit sal haar nog goed te staan kom later in haar lewe.
 
IMG_0033
 
Toe ons by die rotspoele kom was dit nogal ’n paar steil rotse om af te klim om by die water uit te kom, maar so absoluut die moeite werd, die plek is pragtig. Surika swem vir die eerste keer in ’n rotspoel, en die kinders geniet dit verskriklik.
 
DSC08238
 
DSC08247
 
DSC08253
 
DSC08258
 
DSC08263
 
DSC08269
 
IMG_0043
 
IMG_0055
 
IMG_0058
 
IMG_0062
 
Daarna begin die lang terugtog, almal weer agter Mika aan. Miya…huh-uh.
 
Die laaste omtrent 1 km is Mika BAIE moeg, ek tel haar op om haar te dra, al skoppende en skreuende sit ek haar op my skouers, en sy raak sommer dadelik aan die slaap. By die kamp gooi Surika vir hulle die duvet onder die gazebo uit en hulle al drie lê daar en slaap.
 
IMG_0065
 
IMG_0067
 
Toe hulle wakker word is ons af swembad toe, die hele kamp is daar, en almal kuier te heerlik in die swembad en op die deck, daar is ’n kroeg ook, so dit maka dat almal nog lekkerder kuier. Miya ontmoet ’n ander Mia maatjie, en speel ’n rukkie met haar. Miya en Mika speel di hele tyd so lekker, dis goed om te sien watse goeie maatjies is hulle.
Die aand braai ons wors, en eet aartappel saam dit.
 
Ons word die aand so 00:05 wakker, altwee kinders lê op die vloer en die matras is leeg, ek is so deur die slaap, ek sê eers vir Surika altwee kinders is weg, maar toe kry ek hulle darem op die vloer.
 
Die enigste probleem met die kamp is daar is net een ablusieblok, en ons is die verste van dit af geplaas, so dis nogal ’n entjie se loop om elke keer daar uit te kom.
 
Die badkamers is egter pragtig, hulle het enkel badkamers, elkeen met ’n stort, wasbak en toilet in.
 
Daar is ook ’n klein kiosk waar hulle basiese dinge aanhou, gelukkig, want ons het nie hout saamgebring nie.
 
Die koste was R650.00 vir ons twee grootmense en twee kinders vir die naweek.
 
Hier is heelwat apies, die bure het nie hulle kos toegemaak nie, en toe hulle terugkom is daar nie veel oor nie. Dis die eerste keer dat Mika lewendige apies sien, so dis ’n baie groot ding vir haar.
 
Sondag oggend
 
Surika was skottelgoed en ek sit en tik ons blogpost. Dis toegetrek en koelerig vandag, swem lyk nie na ’n moontlikheid op die stadium nie.
 
Ons pak vroeg op en ry in Hartbeespoortdam se rigting sonder ‘n regte plan. Toe ons verby Monkey Land ry stel Surika voor ons vat die kinders soontoe. Dis ‘n bietjie duur, maar dit was ‘n goeie plan. Mika en miya het hulle gate uit geniet tussen die apies, en dis ‘n pragtige plek. rgetig ‘n outing wat ek sal aanbeveel vir mense. Mika het later self gedink sy is ‘n apie, hande viervoet tussen hulle rondgekruip. Die lekker ding van die sanctuary is dat al die apies los rondloop. Jy loop dus tussen hulle rond en hulle kom steel sommer partykeer iets uit jou sak uit as jy dit nie mooi toehou nie.
 
 
Lekker naweek gewees, ons is sommer nou weer lus vir werk. haha.
 
Mika sê net heeltyd: Oupas..kamp!
 
En die girls pass uit op pad terug huis toe.
 
IMG_0075
 
 
 
 
 
TAGS
RELATED POSTS