Ek het eintlik al baie lankal ‘n ding vir die Toyota FJ Cruiser. Desember in Mosambiek het ek al lank met ‘n man staan en gesels wat so ‘n blou FJ Cruiser het. Kom ons wees nou maar eerlik, dis ‘n ikoniese kar. Hy lyk soos niks anders nie.
Mense wat ‘n FJ besit is uiters lojaal aan hulle kar…die meeste altans.
Ek was al lankal bietjie bang dat my Prado 120, Chucky, se km’s bietjie hoog raak. Hy het al op 285 000 km’s gestaan. Almal sê dis niks vir ‘n 4l enjin nie. Maar ek was maar nog steeds bietjie bang.
Ek vat toe een oggend vir Chucky in vir ‘n diens. En hier staan so ‘n mooi with FJ op die vloer. Ek sê toe vir Surika” Kom ons gaan toetsbestuur hom ‘n bietjie” Sy het my so een van daardie vroue kyke gegee. (Die ene wat sê: “Jeuk jou gat nou al weer?”)
Die FJ Cruiser was natuurlik iets wat Surika en ek laaaaankal na kyk. Toe ons net begin uitgaan het, in 2009, het ons een gesien by ‘n Toyota handelaar. Ons kon dit glad nie bekostig daardie tyd nie, maar het gesê: “Eendag is eendag…dan gaan ons ene koop”
En daardie “Eendag” het nou vir my baie naby gevoel.
In elk geval. ons het die FJ gaan toetsbestuur. en dadelik besluit dis ons kar. Maar Barloworld Menlyn was bietjie belaglik met die trade in op Chucky. Hulle bied ons R110 000-00 aan.
Sluk.
Hierdie is nie besig om te gaan soos ons gehoop het nie.
Ons kyk toe maar nog bietjie rond, en sien ‘n ander witte in Gezina wat ek baie van hou. Ons gaan kyk. Hy het klaar ‘n replacement bumper agter en ‘n Bull bar voor op. Die prys is billik, maar die kar is 30 000 km laas gediens. Nou kyk, as ‘n man so min vir sy kar voel wil ek hom nie koop nie.
Maar iemand bring vir ons nog ‘n FJ na ons huis toe om na te kyk.
Ons is dadelik BAIE beindruk. Die ene lyk BAIE netjies. En die mense doen die moeite om dit vir ons by ons huis te kom wys….en hulle bied ons R175 000-00 aan vir Chucky.
Die FJ het ook net 101 ooo km op en is ‘n 2011 model. Hy kos R320 000-00.
Ons dink so 2 min, en besluit toe ons vat hom.
Die diens wat ons gekry het by Mahindra Pretoria Noord was puik. Hulle het regtig uit hulle pad uit gegaan. Selfs vir ons die kar kom aflewer by ons huis, vir ‘n diens by Toyota betaal en die battery vervang wat klaar is.
Ek het net nie baie van die swart mags gehou wat op was nie. Hulle het egter ‘n paar FJ rims gehad en het my geruil, en dit laat opsit.
Uiteindelik het ons ons FJ Cruiser.
Ons moet nou nog ‘n naam vir die kar kry. Al my vorige 4×4’s was “Chucky”. Maar ter ere aan die laaste “Chucky” wat ons so baie van gehou het het ons besluit die FJ moet sy eie naam kry.
Ons besluit sy naam sal Mufasa wees. The King of the Jungle!
Ek het die Frontrunner roofrack laat afhaal van Chucky af en op Mufasa laat sit.
Ek het hom ook dadelik laat signwrite.
En die inverter, 105 Amp battery en DC to DC charger wat ek uit Chucky uitgehaal het in Mufasa laat inbou.
Die eerste ding waarna ek gekyk het toe ek die kar koop was die petrol konsumpsie, die Prado 120 was lekker swaar op petrol. Ek moet eerlik sê ek is baie gelukkig met Mufasa se petrol konsumpsie.
Oor die eerste 3000 km het hy my gemiddeld 7.6 km/l gegee. Meestal stadsgebruik.
http://www.fuelly.com/car/toyota/fj_cruiser/2011/jccrafford/626883