Voertuig en treiler modifikasies

My nuwe (ou) 4×4

By
on
12/08/2015

Surika en ek het besluit dit was nou weer tyd om ‘n 4×4 te koop. Nadat ons met baie mense gesels het, baie geGoogle het, en na baie voertuie gekyk het het ons besluit dit moet ‘n Toyota Prado wees. Luuks, baie goed off road, ry soos ‘n droom, alles voel net reg aan die kar. Toe begin ons rond te kyk. (Ons wou nog een kry voor die Desember vakansie…wou bietjie Sodwana toe) Na ons ‘n paar gesien het wat nie te goed lyk nie het ons die ene by Supreme Auto in Pta Noord raakgeloop, en geweet dis die ene. Ons salesman was Ed Hutchings. Hier is die eerste epos na my

Ed hutchings
Nov 20, 2014

hi, please see below details as discussed on the phone.

features
1) long range tank

2) dual battray system

3) 12v hella plug on the rear of the vehicle for towning

4) full service history with toyota

5) spare key (daar was toe nie een nie, Ed het eers so 5 maande later uit die bloute gebel en gesê die vorige eienaar het dit deurgestuur)

the price on the vehicle is R 219,950, as agreed i discussed this with the owner and he said that her would allow me to sell the car at R 215,000, i know its not a massive discount but considering the features on the car and the service history, i belive it makes it a very attractive deal.
please note it is the 7 seater not the 5 seater.

— 
Kind Regards

Edmund Hutchings

Sales Exec 

Office: 012 546 6625

Cell: 071 594 3576

Fax2email: 0866084343

BB: 7F1C77F4
Ons het hom gaan test drive(nadat hulle hom moes jump start). Ai man, ek wou nie ophou ry nie. Dit was die een. My nuwe Chucky. Nedbank het ons vinnig ge finansier, ons het die deposito gegee(van die kombi wat ons nog moes verkoop) en hy was myne. Chucky moes nog terug gaan vir die toets en ‘n paar goed wat moes reggemaak word. Ek het hom selfs Toyota toe gevat om te toets, en die man by Supreme Auto laat belowe hulle sal alles regmaak wat verkeerd was. 

He was as good as his word.

Hierdie fotos is die fotos wat Ed vir my gemail het om te wys hoe lyk Chucky.

  Ons eerste petrol was ‘n bietjie van ‘n skok, siende dat die tenk nie eers leeg was nie. Daardie ekstra petrol tenk maak ‘n verskil. Maat wat, dit het ons nie gekeer om die eerste drie weke net met Chucky te ry nie.
  
Hier is die km lesing net toe ons hom gekry het.

  
Ons was nou amper reg vir Sodwana, nog net so ‘n paar installasies op Chucky doen.

TAGS
RELATED POSTS