Vakansies

‘N lekkerrrr aandete en weird plekke

By
on
17/08/2015

Saterdag 15 Aug en Sondag 16 Aug

Hoekom is kos maak so ‘n groot deel van elke kamp? Ek dink dis omdat ons almal inherent hou can kosmaak, lekker eet en eksperimenteer, maar meestal lekker eet. Saterdag aand was dit Surika se beurt. 

Op die spyskaart: Goulash en potbrood.

Nou moet ek s├¬, die potbrood is ‘n baie dapper besluit na ons vorige (helse) mislukte poging. Ons brood was nie eers sigbaar toe ons die deksel oplig en ‘n pragtige gerysde, smullekker brood verwag het nie.  Nou waar was die brood? Ons kon dit nie sien nie want dit was ‘n 1 cm dik pikswart en hard gebrand stuk “brood?” Onder in die pot. . Surika het nie eers probeer eet nie, ek het, en ‘n tand ge chip. So…dapper poging inderdaad.

  
Ons was seker die keer sou alles anders wees, ons het dan die deeg gekoop by die Voetspore winkel, en die ouens se kos is ALTYD ‘n sukses. 

Sekelbos houtjies is gebrand tot die kole net reg was vir Surika, net genoeg kole onder die pot, en net genoeg kole bo op (hoop ons) Sy het haar meesterstuk met ‘n kennersoog dopgehou en die kole kort kort dan die kant toe en dan daai kant toe gedruk, druk. Ek het met nuwe o├ź na my vrou begin kyk. Hier kom ‘n ding.

   
 
Die groot oomblik toe ons die brood uithaal. Dit lyk goed, sommer BAIE goed. Kors onder miskien bietjie hard, maar mens moet darem erens kan verbeter ‘n volgende keer, en dit was HEERLIK. Ons het ALLES opgeeet, en dis tog die manier hoe jy kos beoordeel is dit nie?

Nou vir die goulash. Net so heerlik, dit en die potbrood saam was ‘n absolute wenner. Ek kon net terwyl die goulash aan die gang was klaar weer sien hoe sukkel ons die vorige dag met die skottelskaar om dit skoon te kry.

   
   
Ons het die heerlike etetjie afgesluk met ‘n botteltjie Jerepigo red. 1/18.

Hier is daardie goulash resep. Hom maak ons sommer gou weer.
30ml olie

700g steak in blokkies gesny

30ml koekmeel

2 uie

2 knoffelhuisies fyn gekerf

1 green pepper

1 red pepper

50ml tamatie paste

30ml paprika

2 tamaties fyn gekap

300ml beef stock

2 eetl pietersielie fyn gekap

swart pepper

METODE:

Braai uie tot sag sit vleis in en braai bietjie,

Strooi paprika oor en meng 

Voeg nou res by behalwe die koekmeel en kook tot vleis lekkersag is op lae hitte 

Voeg water of droe wit wyn by indien nodig . Surika het 250 ml room gebruik.

Maak die sous dik met koekmeel wat aan gemaak is in n bietjie lou water 

Bedien met brood of brood rolletjies

Timothy en Christiaan het so 10:00 teruggekom van hulle troue af, Luzaan saam met hulle. Eers het hulle bietjie aksie gehad toe daar net voor die hekke van Hennopspride ‘n mislukte hi jacking was, ‘n taxi en een van die hijackers se voertuie het voor die plek bly staan, ‘n skoot is geskiet, en die hi jackers het met ‘n ander voertuig gevlug. Bietjie aksie vir die plaaslike polisie wat redelik vinnig op die toneel was.

Surika en ek het maar weer gaan inkruip, net baie warmer aangetrek die keer, en die jong klomp het die nag ingekuier.

Miya is die keer so toegewikkel dat sy nie eers kon uitkom nie. Dink “Mummy.”

  
Geen wonder sy was so “perky” die volgende oggend nie. 

  

Sondag oggend

Toe Christiaan en Luzaan 09:00 uit die tent kom (‘n nuwe rekord)

 
Toe is ons al klaar besig om te braai.  Wors, baked beans(met worcestersous, durky sous en swart peper in) , bacon gebraai in die swart pot. Brood gerooster op die vuur.

Hierdie keer was dit my beurt.

   
 
Hierna was almal in Chucky, en het ons bietjie gaan verken. 

Snaakse plekke ontdek. 

In die rivier, ‘n riet wat die heeltyd heen en weer beweeg, sonder wind of ‘n sterk stroom, ‘n blou plastieksak in die blare wat hang oor die riet vasgemaak, en ‘n skuiling wat iemand van stokke gebou het in die bos daar naby, met die persoon se ou visstok langs die rivier. Die teorie├ź het vinnig gevolg. Ons sal dit maar vir onsself hou. Haha

Daarna bietjie verder gery, en op ‘n plek afgekom wat vir ons baie weird lyk…ons neem toe maar ‘n weird foto daar.

  
En net sodat alles nie te weird lyk nie…’n gewone foto

  
Hier is fotos van Christiaan en Luzaan. (Ek is ‘n trou fotograaf, en ek het nie die naweek ‘n troue gehad nie, so ek moes darem my kreatiewe sy ook voed) 

   
 
My oulike vrou eksperimenteer nog steeds met haar nuwe liefde, ‘n Canon 6D. Hier is van haar fotos.

Laastens, ‘n foto van ons kamp net voor ons opgebreek het.

  

Terug huis toe, klaar uitgepak, en voor die TV , ons kyk die volgende paar episodes van VOETSPORE, en ons droom om ook eendag sulke interessante dinge aan te vang. 

Mens mag maar droom nê?

Hoe sê hulle: If you can dream it, you can DO it.

JC Crafford

TAGS
RELATED POSTS