Vakansies

Ons eerste kamp met Skillie

By
on
15/08/2015

Vrydag 14 Augustus 2015

Ons eerste kamp met Skillie. By Hennopspride. Timothy, Luzaan en Christiaan gaan saam. Ons het ons kamp so gekies dat ons ‘n lekker uitsig oor die rivier het.


Ons het die Go Pro opgesit vir ‘n timelapse, maar so lank kamp opgeslaan dat die battery van die Go Pro later doodgegaan het, 1 uur 45 min vandat ons begin het. Moet darem s├¬ ons moes eers uitvind hoe werk alles, volgende keer gaan dit baie vinniger wees.


Christiaan en Timothy het sy tent opgeslaan. Christiaan ┬áwas die wenner met die tent flap oprol kompetisie. Timothy het ook vir die eerste keer sy nuwe tent gebruik. Nou kan Surika en ek nie meer lag as hy in die oggend uit sy tent klim nie. (Timothy het so ‘n klein tentjie gehad, ons het altyd gespot dit lyk soos ‘n seekoei wat geboorte gee. As hy wakker word sien jy hou begin die tent heen en weer te ruk, dan sien jy eers ‘n handtjie aan die kant druk, dan ‘n voetjie aan die Anderkant, dan ruk die tent so ‘n paar keer heen en weer, jy hoor ‘n paar kreune, dan peul Timothy kop eerste by die opening uit en val op die grond voor hy regop kom) dit was altyd skreeusnaaks, ek wens ons het by Sodwana ‘n video geneem daarvan.


Die aand het ons ‘n lekker gereg aanmekaar geslaan, Surika was in charge van die braai brooitjies.

En ek het ‘n lekker hoender gereg gemaak, eers het ek die hoender so ‘n uur en ‘n half in my eie sous gekook (tamatie, mayonnaise, chutney, klein bietjie piri piri en Spur se Durky chicken wing sous) en daarna dit gebraai oor die vuur. Dankie vir die idee Mamma.

In die tussentyd moes Timothy vir Miya besig hou.

Surika het besluit sy gaan nou alles op video afneem wat ons by die kampe aanvang. So, hopelik sit ons erens ‘n lekker interessante video hier op. Hier is sy met haar nuwe Canon 6d. Watch this space. (Baie professionele pose hier baby)

Ons het toe maar die aand vroeg gaan slaap, ons was bietjie moeg(weet nie of dit die bier of die harde werk die week was nie. Tyd om die eerste keer in ons nuwe treiler te slaap. Dit was BAIE koud, Surika en ek kon mekaar darem warm hou, Miya het erens in die nag wakker geword en gekla van die koue, en Timothy was sommer al 04:00 die oggend op.

Toe ons wakker word het ons dadelik ‘n vuurtjie gemaak om bietjie te ontdooi, en ‘n koffie water opgesit

Surika het Miya se baadtjie vergeet, en sy het toe maar my K-Way baadtjie aangetrek.

Miya het’n klomp plastiek in die rivier gesien, na ‘n klein lessie oor hoe sleg dit vir diere is as mense hulle rommel so strooi het sy dadelik die hele kamp skoongemaak, en sommer hout opgetel vir vanaand se vuur. Flukse kind┬á

Ons het ‘n lekker breakfast gemaak. Timothy en Christiaan doen vandag ‘n troue in Midrand, en Luzaan moet gaan werk opvang, so, dis nou ons drie alleen vandag, ons gaan biejie rondry en verken.

Nota aan myself, probeer uitvind wat maak ‘n skottelskaar maklik skoon, want wragtig dis nie ‘n plesier om dit te was nie.

Hoe is ons kamp sover? Vrek lekker! Baie beindruk met die netjiese ablusie geriewe en lekker plek om skottelgoed te was. Hulle het sommer Marmer blaaie gebruik, netjies, skoon, en dit gaan lank hou.

JC Crafford

TAGS
RELATED POSTS