Voertuig en treiler modifikasies

Skillie kry ‘n paar nuwe dingetjies

By
on
15/11/2015

Ons het besluit om eerder die National Luna in die treiler te hou, dit maak net baie meer sin. Dis dan elke keer baie makliker om die dinge wat in die yskas is by te kom. Ons kry toe ‘n slider by Challenger, en laat bou dit in by 4×4 megaworld naby menlyn. Baie goeie diens by Louis Coetzee en Erich die installeerder gekry. En toe besluit ons ook ons 52 l weekender is te klein. Ons het so ‘n bietjie rond ge shop en toe ‘n 72 l met die twee deure by safari centre gekry vir R11 500.00. Demo model. Hulle is gewoonlik R12 750.00. Nou is ons reg vir vakansie hou. Altyd koue drinks, en altyd gevriesde vleis

JCCR4323

Ek het ook hierdie laat insit binne in die treilerby 4×4 Megaworld.Ā Ā Twee bande wat aan ogies vas is wat in die teriler se dak ingesit is. Dit is om ‘n tafel in te hou. Dit werk, maar die tafel val die heeltyd aan die agterkant uit. Moet nog bietjie verder dink hoe kan ons die storie beter laat werk.

JCCR4326

En omdat die yskas nou in die treilerĀ is kort ons nou 220 V by die yskas, en 12 V wat na die kar toe gaan gaan. Hierdie plug gaan 12 V verskaf aan die treiler terwyl ons ry. Koue bier wanneer jy by jou vakansie aankom.

JCCR4329

TAGS
RELATED POSTS