Elke dag

Stikeez

By
on
12/08/2015

Miya se nuwe ding. Jy kry nou by Pick & Pay ‘n Stikeez (‘n klein plastiek diertjie) as jy R150.00 se groceries koop. En as jy vir R300 koop kry jy twee, ens. En dis nou al waaroor kinders in Pick & Pay praat. Watter Stikeez gaan hulle vandag kry. 

Kan jy glo hulle het selfs hulle eie app?

En jy kan jou foto neem in P&P by ‘n figuur.

  
Miya is gaande oor die Stikeez. 

En toe kry sy 4 vissies agtermekaar, sulke klein geletjies, die arme kind was omtrent in ‘n toestand. Sy wil die h├¬ wat sy nog nie het nie….verduidelik dit nou vir ‘n kind van 5, amper 6.

Toe ons vandag weer P&P toe gaan toe kry sy uiteindelik iets anders…’n geel kameelperd, sy het letterlik die hele plek vol gedans van blydskap.

Dit vat so min om ‘n kind happy te hou

Net ‘n ou Stikeez…wat jy nog nie het nie.

  

TAGS
RELATED POSTS