Naweke

Troue in Sodwana

By
on
29/05/2017

19 Mei 2017

Vrydag oggend 11:00, en ons is op pad Sodwana toe. Ons kry gou iets om te eet en maak Surika se Elantra vol, en daar gaan ons. Hierdie keer los ons Chucky by die huis. Ons wag vir die nuwe alternator wat ons bestel het en nog nie gekom het nie. So dis dalk veiliger om met Surika se kar te ry.

Ons kamp dus nie die keer nie, ons het ‘n Safari tent by Coral Divers bespreek vir 3 aande.

Ons hou ook nie vakansie die keer nie, altans nie heeltemal nie. Freddie en Jenilee trou Sondag oggend met sonsopkoms op die strand en ek is die fotograaf. Nodeloos om te se sien ek baie uit hierna. Dis nou nie elke dag dat iemand my betaal om Sodwana toe te ry nie. En ‘n troue met sonsopkoms op die strand… elke fotograaf se droom.

Ons ry Carolina  en Amsterdam om. So ‘n 100 km draai, maar ons sien baie nuwe plekke. As jy al so baie soos ons Sodwana toe gery het is jy al moeg vir die dieselfde pad elke keer.

Op Amsterdam soek ons ‘n slaghuis, ons is bietjie lus vir biltong. Nadat ons die dongas getrotseer het op die teerpaaie die dorp in en op ‘n grondpad afgedraai het kry ons ‘n slaghuis. Surika se dit lyk vir haar soos ‘n regte boere slaghuis, en dit is toe. Daar is ‘n ou boeretannie agter die till, en die plek lyk sommer baie lekker, die tipe plek wat as jy dit binne sien wil jy net braai. Die biltong en veral hulle mini salamis is toe heerlik.

Die pad tussen Piet Retief en Pongola is dieselfde as altyd, trok op trok. Waar ry almal heen?

Dis altyd vir my ongelooflik hoe baie mense hier bly, die randtjies is letterlik vol huise gebou. Hierdie mense wat hier bly is baie arm, maar hulle uitsig van hulle huise af is beter as enige uitsig wat jy by ons in Pretoria in die rykste areas kry.

Op Pongola stop ons by die Engen om koffie te kry. En ons kry ons derde bedelaar in die badkamer. Eintlik is dit een van die werkers wat skoonmaak, maar hy staan net op een plek en maak die vloer skoon en  probeer behulpsaam lyk. Hy Verwelkom jou dan in sy “kantoor” in, en daar is ‘n baie startegiese blikkie uitgest waar jy nou vir hom kan “tips” gee omdat hy die badkamer so skoon maak. Verbeel jou, die ou kry ‘n salaris om dit te doen, en dan bedel hy vir nog. Die beste van alles is hy doen seker nou minder as waarvoor hy betaal word, want hy het baie take behalwe badkamer skoonmaak. Maar as hy nie in sy “kantoor” bly nie kan hy nie ekstra tips kry nie. So eintlik betaal jy hom om minder te doen as waarvoor hy betaal word.

Die Wimpy koffie is glad nie lekker nie. En hopeloos te warm. 30 km uit Pongola uit is dit nog steeds te warm om te drink. Hoe lank nadat mens koffie koop dink die mense van die Wimpy beplan jy om dit te drink?

Die groot golwende heuwels met plantasies denne en bloekom bome tussen Piet Retief en Pongola het nou plek gemaak vir suiker riet plantasies langs die Pongola rivier.

Surika het vir Miya 10 flieks op haar ipad afgelaai vir die naweek, ons hoor en sien dus nie veel van haar nie. Surika en ek wissel maar nog steeds die ryery af, so elke uur en ‘n half ruil ons om. Dan kom mens darem nie so moeg by ‘n plek aan nie.

Toe ons by Hluhluwe by die KFC intrek is dit al lekker donker. Ons bestel gou ons aandete en ry verder.

Die pad tot by Sodwana is nou maar gevaarlik en jy moet wakker wees. Die beeste staan sommer so in die middel van die teerpad en rus. Verllor jou konsentrasie vir ‘n paar sekondes en jy is in ‘n baie ernstige ongeluk.

Ons kom so 20:15 by Isimangaliso se hek aan, en dadelik het ons ‘n probleem. Ons moet R248 betaal om by die park in te gaan, maar die mense het nie kaart masjiene nie, jy moet kontant betaal. (Kan jy dit glo) Hy se ons kan maar omdraai, ons kom nie in sonder om te betaal nie. Gelukkig stop daar net toe ‘n kar agter ons met Laura- Jean Barnes in, sy is een van die einaars van Coral Divers en sy leen die geld vir ons om in te kom.

By Coral Divers aangekom drink ons eers gou ‘n bier voor ons na ons tent toe gaan. ie prys is dit ‘Die akkommodasie is baie basies, ‘n tent met twee enkelbeddens in, maar vir die prys is dit ‘n bargain. R195 per grootmens per aand, en R95 per grootmens per aand vir die KZN parkeraad ook.Die drie aande kos ons dus R1740.00.

Die Saterdag bring ons rustig deur. Ons eet ‘n lekker ontbyt by Coral Divers en gaan toe af strand toe, ek leer gou vir Surika hoe om vir Frank (die drone) te vlieg. Dis haar werk more.

Surika se drone footage, dit voel baioe snaaks om die strand so leeg te sien.

 

 

 

 

Ons maak ook ‘n draai by Silversands, Sodwana se winkel. Hierdie plek verkoop letterlik alles. Dis altyd lekker om hier rond te loop, en Surika wil altyd ‘n hoed of klere hier koop. In Desember vakansie is hierdie natuurlik ‘n plek wat geld druk.

Daarna is ons Maak ‘n Jol toe. Miya swem in haar rok saam met die locals en Surika en ek sit en kuier.

 

Ons eet lekker snails en T bone. Die snails is heerlik, en die T bone so rou dat jy dit nie kan eet nie. Ek hou van rare to medium. Maar die een is selfs vir my smaak te rou. Ons gesels lekker met Andre wat die sjef is en kry ‘n baie oulike “waiter” Collin. Hy is swart, maar is as kind aangeneem deur wit ouers, hy praat dus Afrikaans soos ek en jy. Hier is Collin saam met Andre en die einaar se seun. Die klein wit laaitie praat vlot Zoeloe. Collin se die wit outjie leer hom nou Zoeloe praat. Bid jou dit aan, ‘n wit seuntjie wat ‘n swart ou ‘n swart taal leer praat!

 

Die middag sit ons maar by Coral Divers terwyl Frank se battery en my selfoon charge. Ons gaan netnou die Salsa danse wat die bruidspaar op die strand vir hulle gaste het afneem.

Ons gaan slaap die aand eers 10:30 na die Celebration, more oggend is dit vroeg op om 04:30 al by die bruid te wees.

01:00 skrik ons wakker, iemand gil en skree in die kamp, dit klink omtrent soos ‘n army peleton op training. so 15 min later is dit weer rustig en ons slaap verder.

Die troue verloop glad die oggend en ons is met sonsopkoms op die strand om die bruid te verwelkom. Ek moet erken, die opstanery was bietjie rof, maar ek hou van die idee dat die troue so vroeg is, alles is baie mooi daardie tyd van die oggend op die strand. Teen 11:00 is die troue klaar. Ons gaan drink ‘n bier by Maak ‘n Jol en gaan lê toe langs die swembad, die idee was om te swem, maar die water is te koud vir ‘n grootmens, Miya aan die ander kant swem te heerlik met haar nuwe maatjie Emma.

Die middag laat is ons weer af strand toe, tyd vir die photo shoot, die bruidspaar is ongelooflik, en die lig ook. Dit is ‘n heerlike shoot.

Die aand wil ons braai. Ons mis nou ons treiler wat lekker ingerig is. Ons bstel egter vleis, vuur en brootjies by Cral en gaan braai te lekker. Miya en Emma speel nog steeeds ‘n hond uit ‘n bos uit.

Die volgende oggend is dit terug Gauteng toe. Vir oulaas ry ons deur die leë kamp. Sodwana is ‘n mooi plek. Maar hy is op sy lekkerste as daar baie mense rondom jou is.

Surika en ek wissel maar so af, elke uur en ‘n half ry die ander ene. Miya sit basies en huiswerk doen van Sodwana af tot in Gauteng. 

Sy lees nou al te oulik, gister was sy nog ‘n baba, en nou is sy al in Graad twee.

 

 

Ons koop buns en worsies by die Spar op Mbazwana en Surika maak dit sommer so in die ry vir ons. 

 

 

 

Ons kom die aand moeg maar gelukkig by die huis aan. Die breek het ons goed gedoen.

TAGS
RELATED POSTS