Vakansies

Van Hennops tot Harties

By
on
15/08/2015

Saterdag 15 Augustus 2015

So, dis nou ons 3 wat oor is, nou gaan ons bietjie verken. Ons ry toe eers bietjie hier by Hennopspride rond. 

En ontdek die volgende:

Ons het die plek al 6 jaar terug gesien, en dis nou nog steeds leeg, en nou meer vervalle as toe. Ek kan nie dink iemand kan nie iets doen met so ‘n pragtige plek langs die rivier nie.

   
 
Hier was op ‘n stadium ‘n brug oor die rivier, en volgens Tracks4Africa is daar nog steeds een. Ek moet ongelukkig s├¬ dis deesdae of dinge bietjie agteruit gaan by Hennopspride, dis nie meer die plek wat dit 6 jaar terug was nie. 

   
   
Hierna het ons sommer net die hele plaas vol gery. Ons was bietjie op die 4×4 track ook, maar hier lyk dit maar rof. Jy gaan jou kar baie seer maak hier. Dit lyk nie eers so erg op die foto nie. Ek het nog kans gesien vir die stukkie, maar die stuk na die was nog erger, en dit sou beteken ons moes weer hier op.

 
Harties toe hierna. Ons het eers omgery by Dozi se plek, maar daar gaan niks aan nie.  Ons het toe maar  ‘n lekker piri piri chicken liver en Erdinger draught geniet by Herman’s Panini restaurant. Miya drink hot chocolate… en vertel net hoe impress is sy met die Cappuchinno.

   

Bring my draught NOU of daar is probleme. 


Kan sien Surika lyk bietjie dors hier.

  

  

  

Ons het ons name teen die muur by Herman’s geskryf, ons sal oor ‘n paar jaar gaan kyk of dit nog daar is. 

  

TAGS
RELATED POSTS