Naweke

Mabalingwe Maart 2023

By
on
11/03/2024

Ons het weereens ‘n nawekie af, en natuurlik is kamp dan 1ste op ons prioriteitslys. (Hou jy nie ook van mense wat hulle prioiriteite reg het nie?)

Die volgende “probleem’ is waar gaan ons kamp. Ons was bietjie lus vir iets besiger die naweek. Partykeer het mens mos net stilte nodig. Dan vereg jy jou sommer as jy alleen by ‘n plek kamp, alles behoort aan jou,  en hier kom ‘n ander ou met sy karavaan ingesuiker net voor sononder.

Ons kyk toe na Dinokeng resort, maar hulle is vol. Ons volgende twee opsies was toe Klein Kariba of Mabalingwe. Mabalingwe wen toe want ons was nog nie daar nie.

Ek weet nie van ander mense nie, maar ek wil nie altyd na dieselfde plek toe gaan nie, ek wil eerder verskillende plekke ervaar. Dis hoekom ek nooit ‘n vakansie huisie by die see sal wil hĂȘ nie, ek wil eerder rondreis en nuwe plekke ontdek en sien. Ander mense hou weer van die bekendheid van elke jaar na dieselfde plek toe gaan.

Soos die Engelsman sĂȘ :

“To Each his own”

Mabalingwe se “online booking” sisteem was baie maklik om te gebruik. 2 min en R965-28 c  later op Surika se krediet kaart en ons is geboek.  Dit was nou vir twee grootmense en ‘n kind van 14. Of soos Miya sĂȘ as jy haar vra hoe oud is sy: ‘Ek is amper 15” (Sy verjaar eers oor 6 maande)

Ons het in Januarie ons FJ Cruiser en Conqueror Commander verkoop. Ons is nou op tente en ry met “Flossie”, ons 53 jaar oue VW Kombi. Dis eintlik so lekker om met haar te ry, Jou top spoed op die hoofweg is 80km/h. En laat ek jou vertel, teen 80 km/h lyk alles anders as teen 130km/h.

‘n Verdere voordeel is natuurlik dat jy nou raakgesien word, ons voel ‘n bietjie soos “celebs” want baie mense waai en toet vir jou, ons het 10 toete en vriendelike waaie gekry Bela Bela toe en terug. (Ons het baie tyd gehad om ons “Royal Wave” te vervolmaak)

Terug na die FJ en die Commander, ons het besluit ons is nou oor die fase, dit voel net na vreeslik baie moeite, en om ‘n karavaan op te slaan en reg te kry is definitief nie minder moeite as ‘n tent nie. Ons kyk nou al geruime tyd na “Vanlife” videos, ons voel net dit pas one leefstyl en kampgewoontes baie beter. (Onthou wat die Engelsman sĂȘ)

So, ons idee is om binne die volgende jaar ‘n “van” te koop, watse “van” is ons nie seker van nie, alhoewel, hierdie naweek het alles vir ons glashelder geword as gevolg van ‘n toevallige ontmoeting gereĂ«l deur Flossie.

Flossie is dus ons eerste stap na “vanlife” Ons gaan eers bietjie kassies inbou in haar, ‘n elektriese sisteem en bed installeer ensovoorts. Dit gaan so ‘n toetslopie wees vir ons “van” Wat in die volgende jaar moet gebeur. Dit gaan ons ook wys of ons die vaardighede het om dit te doen.

Vrydag net voor ons ry het Checkers besoek. Lekker “”chuck en brisket” gekoop vir die eerste aand, om te geniet saam met Surika se wĂȘreld beroemde braai broodtjies, en die 2 de aand gaan ons “Chicken Prego rolls” eet, So ‘n boksie rooiwyn en ‘n paar Windhoek Drafts ook gekoop en ons vat die pad Mabalingwe toe.

O Ja, voor ek vergeet. Ons was Donderdag Outdoor Warehouse toe, ek het eintlik vir Miya ‘n hoed gesoek. En reg in die ingang is daar ‘n nuwe produk uit van National Luna, ‘n nuwe 20l yskas/vrieskas. Nou ons het alreeds 2 yskas/vrieskaste, ‘n 75 l National Luna wat geduldig vir die “van” wag, en ‘n 42 l Engel wat ons oral gebruik. Ek het alreeds gevoel die Engel is net ‘n bietjie te groot en swaar om rond te dra en in “Flossie” in te bou. Maar hierdie 20L National Luna was perfek. En teen slegs R4000-00 ‘n winskopie volgens my.

Ons noem hom “Iceman” 
In ons gesin kry alles name.

Daar was probleme op die N1, en die verkeer beweeg teen ‘n slakkegang, ons volg Google se raad en draai af by die Pyramid afrit en ry na die Ou Warmbad pad toe. Maar Google het hierdie vir ‘n paar 100 mense voorgestel, en ons probleem is nog groter hier. Geduld!

Na ‘n 2 uur en 57 min rit van 150 km kom ons uiteindelik by Mabalingwe aan. Gewoonlik is ons reĂ«l dat ons eers opslaan en dan rustig ‘n bier geniet. Dit verander vandag. Eers ‘n koue bier, en dan opslaan.

Die Bosveld se skoonheid druk sommer die rustigheid in jou lyf in. 100 de tipes voëls kwetter in die bome bokant ons kampeerplek.

Na ‘n lekker braatjie en ‘n paar glasies rooiwyn gaan slaap ons vroeg. Vars lug en ‘n harde week se werk vat sy tol.

Die volgende oggend sit ons nog so lekker en kuier toe daar twee vriendelike mense aangestap kom wat (volgens my) ons lewe gaan verander en ons drome gaan laat waar word.

Jan en Adri.

Hulle is altwee al in hulle 70’s en het ‘n huis op Mabalingwe. Ons gesels lekker oor Flossie, wat die rede was hoekom hulle kom gesels het. Ons begin gou te gesels oor reis en ons planne oor reis in die toekoms en dat ons binnekort ‘n “van” wil koop. Jan vertel ons dat hulle die hele Afrika deurgereis het in hulle Mercedes Benz Sprinter, die Mercedes Bez Sprinter het ook ‘n 4×4 Iglhaut Allrad omskakeling op. Ek hang aan sy lippe terwyl hy sy stories vertel.

Hulle reis nou nie meer nie, maar gebruik nou die voertuig as ‘n privaat wildsbesigtigings voertuig hier op Mabalingwe.

En ons kan kom kyk as ons wil? Wil ons?

“Ja definitief”…Ek probeer uitasem nie te opgewonde klink nie. Ons stap saam met hulle na hulle huis toe.

En daar staan hy.  In my gedagtes noem ek hom Groenie.  Die mooiste voertuig wat ek nog gesien het. PRESIES wat ons wil hĂȘ.

Net een klein probleempie. Jan en Adri wil nie verkoop nie.

Maar ek glo dat dinge gebeur vir ‘n rede. Ons drink ‘n lekker koppie koffie en gesels ‘n hond uit ‘n bos uit by die twee pragtige mense. Hulle stap selfs halfpad terug ook saam ons.

Ons tipe mense.

Jan en Adri weet ons stel BAIE belang, en ons het telefoon nommers uitgeruil. Kom ons kyk wat gebeur.

Hierna ry ons na die boonste winkel toe om ‘n Mabalingwe “sticker” te gaan koop. Dis ongelukkig uitverkoop. Ons ry ook na die Kalahari Oasis toe. Onthou jy die Boet en Swaer Castrol ads? Dis hier geskiet. Na ons ‘n rukkie in die geskiedenis rondgestap het is ons weer op pad want Miya wil gaan perdry.

 

 

Hier is so ‘n videotjie van Miya met haar perdrysessie.

 

 

Flossie hanteer die grondpaaie soos ‘n wafferse 4×4.

Sy word selfs saam met haar eerste kameelperd afgeneem.

En sommer voor die hanger ook, net omdat sy so mooi is.

 

 

Terug by die kamp gaan swem ons eers want dit is bitter warm. Ons kuier vir Fanus en Annerien raak in die swembad. Hulle bly op Bela Bela en kamp die naweek hier. Oud onderwysers, mense ,mense. Ek weet nou na ‘n uur in die swembad saam Jan en Annerien meer van hulle as wat ek van my bure in Pretoria weet. Dis een van die lekker dinge van kamp. Die meeste mense dink dieselfde oor baie dinge. Dis een van die redes hoekom dit altyd lekkerder is om te kamp as om by die huis te wees.

Ons gaan kyk ook na ‘n ou 1973 Jurgens wat naby ons kamp. Die mense is so gaaf om vir ons die karavaan binne te wys. Dit bring so baie herinneringe op. As kind het ons in so ‘n 13 voet Jurgens gekamp. Hier is ‘n foto wat ek as kind van ons karavaan geneem het. Dit was voor my ouma se woonstel in die Kaap. Elke jaar is ons af soontoe.

 

Die man langs ons kamp in ‘n VW Autovilla, hy vat ons ook op ‘n begeleide toer deur sy Autovilla. Dis lekker om so na ander mense se “setups” te kyk. Dit laat jou later ‘n idee kry van wat vir jou belangrik is.

Die middag bars daar ‘n hewige donderstorm los. Ons sit al drie in ons tent (Wat ons Messieur Croissante genoem het. Miya se tent is Emma Kolema. Ekskuus, Camp Master) Dit hael en die hewige wind druk die tent teen ons koppe vas. Emma Kolema word daar buite rondgewaai, eers lĂȘ sy teen Flossie en toe lĂȘ sy teen die boom. Na die storm stap ons rond. Takke lĂȘ oral. Die man langs ons se nuwe karavaan wat hy ‘n week terug gekoop het is met mm’s gemis deur ‘n groot tak wat deur die storm afgebreek is.

Adri bel bekommerd om te hoor of ons nog ok is.

 

Gelukkig het die manne en vroue van mabalingwe direk na die storm soos een man/vrou op die kampterrein toegesak en alles mooi skoongemaak.

 

Die res van die naweek verloop rustig. Surika merk op dat dit so lekker is om te kamp want ons sit al drie net die heeltyd lekker en gesels en niemand is op hulle telefone nie.

Ons sluit die naweek af met ‘n lekker lawwe foto van Surika en Miya.

 

Elke keer as ons van ‘n kamp af kom voel ek soos ‘n nuwe mens, al is dit net 2 dae, mens se siel kry bietjie blaaskans.

Ek is nou nog meer as ooit tevore gemotiveerd om ons lewe te verander. Dit behels die volgende:

  • Kry ‘n van en rus hom behoorlik uit met alles wat nodig is om te reis.
  • Probeer ons werk so beplan dat ons met tye kan werk terwyl ons reis.
  • Hou by met my Vreklekker blog
  • Probeer geld maak uit my fotos aanlyn verkoop op my Fine Art Website.

Ons kan maar droom nĂȘ?

Walt Disney het mos gesĂȘ:

“If you can dream it, you can do it”

TAGS
RELATED POSTS