Vakansies

Bhanganek Vakansie

By
on
12/04/2016
Ons was lus om bietjie vir ’n week weg te gaan op vakansie. Die enigste probleem is ons het elke naweek ’n troue. Ons besluit toe maar om die Sondag te ry, net na ons troue die vorige dag, en die volgende Vrydag weer terug te kom. Net betyds vir die volgende troue.
Die week is dus uitgeboek. Die enigste probleem was nou (soos altyd) waarnatoe gaan ons? Ons eerste idee was Wildtuin toe, op ’n stadium het ons gedink aan Sodwana. Die probleem was egter dat dit die April vakansie is, die wildtuin gaan heeltemal vol wees, en ons is nie lus vir duisende mense nie. Die volgende ding is dat dit Surika en my se 7de huweliks herdenking is. En met spesiale dae moet my vrou by die see wees…as dit enigsens moontlik is. Sodwana was weer ’n geval van ons was al so baie daar, en mens wil mos nuwe dinge sien.
So, 3 dae voor ons moet ry weet ons nog steeds nie waarnatoe om te gaan nie. Ek surf maar toe die internet ’n bietjie. En kom op Bhanganek af. Ons was daar die vorige keer wat ons op vakansie by Sodwana was. Ons het twee memories van die plek.
  1. Awesome pad om te ry met ’n 4×4 soontoe. Omtrent 14 km van grondpad deur ’n coastal forest.
  2. Ons gazebo het stukkend gewaai die uur wat ons op die strand was, so sterk was die wind.

Bhanganek

Maar dit klink lekker hier, rustig, weg van baie mense af, mooi natuurskoon, 4×4, kamp, en die see. Alle blokkies is ge tick.
Ek bel toe vir Jenny Koen by www.extremenaturetours.co.za tel 082 857 3363 / 079 373 5461, epos: jenny.reservations@vodamail.co.za, sy behartig al die besprekings vir die plekkies rondom www.Bhanganek.co.za Dit klink vir my soos ’n klomp kampe wat deur die community bedryf word vir hulleself. Ek hou sommer van die idee ook. En Jenny help hulle net met besprekings.  Sy was so vriendelik en gaaf, dit was sommer lekker om met haar besigheid te doen.
Ons moes nou net besluit na watter kamp toe wou ons gaan. ’n Vinnige search op die internet, en ek sien die manne op die 4×4 Community forum beveel George en Betty se kamp aan. Sizakala. R952.00 vir 2 grootmense en een kind van 6 vir 4 dae. Lekker man, ons is uitge sort.
Nou nog net Sondag se troue afneem. Ons is so excited oor die vakansie, on gesels kort kort oor die vakansie waarop ons die volgende dag vertrek.
Saterdag aand by die huis gekom het ons net vinnig ons batterye van die dag op charge gesit en ons kaarte afgelaai toe gaan slaap ons. Of ten minste, ons probeer slaap. Die excitement van die volgende dag maak dat ons net rondrol en sukkel om aan die slaap te raak. Eventueel val ek aan die slaap, net voor die wekker om 05:00 die volgende oggend (voel dit vir my) afgaan. Ons het die Vrydag al gepak, en die vorige aand al vir Skillie aan Chucky gehak. Ons moes dus net inklim en ry. ’n Vinnige stop vir petrol, pie en koffie by die Engen en ons is op pad. 645 km.
EmptyName 47
Surika is nog bietjie moeg en het nie eers haar kontak lense in nie, sy slaap so kort kort langs die pad. Ek geniet elke oomblik van die ryery, dis vir my altyd lekker om nuwe omgewing te sien. (Alhoewel ek die pad al ’n paar keer gery het) Dis lekker om uit die stad uit te kom.
Ons stop vir chocolate en sweets in Piet Retief, en weer in Pongola vir Debonairs. ’n Lekker Tikka chicken sub en meaty pizza. En daar gaat ons. Volgende stop. Bhanganek.
Ons maak weer vol met petrol so 40 km van Kwa Ngwanase/ eManguzi af (Hoekom die naam moes verander word weet nugter alleen) by ’n klein plekkie met ’n klomp spaza shops en nog meer mense. Hier is water so skaars die garage sluit hulle kraan met ’n slot toe. Ons gooi so R1100.00 se petrol in, so ons kan darem ons 20 liter waterkan volmaak hier.
Net voor Manguzi draai ons af Bhanganek toe. Hier kom nou die lekker gedeelte, grondpad. Ons stop so 15 km van die kamp af op die grondpad en haal eers ’n koue bier uit. Ewe skielik is ons in die vakansie stemming.
EmptyName 13
Deel van die lekker van die mooi wereld is die lekker pad wat jy moet ry na die kampterrein toe. Dit sit jou sommer in die regte gemoedstoestand vir die vakansie.
Kyk bietjie na die video wat Surika met die Osmo gemaak het. Dis die pad Bhanganek toe.

Lekker nê?
’n Halwe bier verder en ons sit vas in die los sand. Ek het nog nie die wiele se banddruk verlaag nie, en teen 2,2 bar in die los sand moet jy verwag om vas te sit. Nou eers wiele afblaas. Ek verlaag dit na 1.8 bar toe, en ons kom die heuwel en sand uit.
By die kamp aangekom is ek baie beindruk. Net wat ek wou hê. Elke staanplek is uit die bos uitgekap en baie privaat en beskut.
EmptyName 3
EmptyName 1
Toilet geriewe is basies, mar netjies en skoon. George het ’n “donkie” gemaak om warm water te verskaf. Ek moet erken, met so ’n “donkie” het jy meer gereeld warm water as by die mees “upmarket” kampterreine wat ek al was. Wys jou net. “back to basics” nê!
IMG_0391
IMG_0393
Die grond in die kampeerterreine is baie sanderig, amper soos seesand. Baie lekker…tot so 10 min later.
Ons het net die treiler afgehak, en ek het die neus wiel nie mooi vasgedraai nie. Nou lê die treiler se neus plat op die grond, en Surika en ek kan dit nie optel nie, die treiler is te swaar. Maar ’n boer maak ’n plan. Ons gaan haal Chucky se jack. Hiermee lig ons die neus ’n bietjie, sit dan ’n plat klip onder die opgeligte stuk, haal die jack uit, sit ’n klip onder die jack en lig verder op. Herhaal. Eintlik staan ons treiler weer reg. Die keer maak ek die wiel mooi vas. Die wiel is al klaar nie baie lekker nie. Hier sal ’n paar planne moet gemaak word en nuwe idees toegepas word voor ons weer gaan kamp. Ek soek ’n BEHOORLIKE neuswiel, die ene is te lig in die broek. Ek sal bietjie die vakansie rondkyk hoe lyk ander mense se neuswiele.
Ons het ook ’n paar veranderinge binne in die treiler nodig. Op die stadium pak jy goed van agter af in, en dan gly dit vorentoe oor die yskas se glylaai as die yskas uitgeskuif is. Dan kry jy nie weer die yskas heeltemal terug ge stoot nie. Daar moet ’n stuk staal of mesh of so iets tussen die yskas gedeelte en die agterste gedeelte inkom. Ons wil ook die agterste gedeelte in drie deel. Die middelste gedeelte moet ’n gly laai inhê. Surika stel toe ook voor dat ons aan die bokant ook spasie oophou sodat mens daar goed kan inpak. Soos sy sê, mens pak nooit tot bo vol nie en dan mors jy baie plek. My slim vrou. Klink of ons treiler ’n hele paar veranderinge gaan ondergaan voor ons weer weggaan. Ek wil ook nog ’n permanente watertenk laat inbou.
Die eerste aand maak ons sommer net Mince mate. En gaan slaap vroeg. Ons het Saterdag aand min geslaap, en dit was ’n lang dag se ryery.
 
Maandag
Ek is vroeg uit die vere, en maak ’n koffie. Daar is nou maar net iets baie lekkers aan koffie op ’n gasstoof by ’n kampplek met lekker beskuit. (Al is dit nou Pick & Pay beskuit)
Ons verken bietjie ons kamp. Ons is amper teenaan Kosi baai se een meer, voor ons snork seekoeie in die water.
EmptyName 5
Daarna is ons af see toe. Ons moes eers ons eerste swem inkry. Die water is heerlik, dis baie moeilik om Surika en Miya  uit die water uit te kry. Daar is so 5 gesinne op die strand.
IMG_0347
Ons ontmoet ’n baie interessante man met ’n geel donkerbril op die strand, dis een van die locals. Sy naam is Tembiso. Hy is besig om seewier bymekaar te maak. Hy verduidelik dis baie goed vir enige tipe siektes. Jy kook die seewier en gooi ’n kombers oor jou terwyl jy die dampe inasem. Dis skynbaar baie genesend.
IMG_0361
IMG_0362
So 11:00 se kant ry ons terug kamp toe en maak ’n lekker breakfast.
Daarna besluit ons om bietjie uit te ry Black Rock se kant toe. Dis so 16 km weg, maar op die 4×4 paaie vat dit ’n rukkie. (so 45 min) Die natuurskoon is beautiful. Danksie ons Tracks 4 Africa aankoop weet ons presies waar om te ry op die paaitjies.
Op pad staan daar ’n local met sy stukkende bakkie in die pad, hy het sommer klaar ’n sleeptou aan die bakkie  vasgemaak, wag net vir iemand soos ons. Ons sleep hom gou aan die gang en toe kan ons weer ons pad vat. Sy bakkie gooi sommer sulke donker rookwolke uit. Ek sal graag wil weet hoe lank gaan die ene nog ry. Maar dan, dit is ’n Toyota, seker nog ’n hele ruk.
Ons sien ’n afdraai na Dog’s Point toe en besluit om te gaan kyk. En was ons verras. Kyk bietjie na die video en fotos. Hierdie is seker die mooiste stuk see wat ons in ’n baie lang tyd gesien het. En hoeveel mense het dit al gesien? Ons kry dadelik visioene van om eendag ’n lodge hier te bou, daar onder tussen die bome, elke eenheid op sy eie, met ’n swembad voor elkeen. Baie luuks. Ek meen, wie sal nie na die ongelooflike stukkie veilige see voor hulle wil kyk nie? Nou ja, dis eendag se planne vir as ons baie geld het. Vir nou loop ons eers die steil afdraand af en gaan swem in die see daar onder by Dog’s point!

EmptyName 11
EmptyName 15
EmptyName 17
Hierna is dit deur Black Rock toe. Die baie effektiewe rangers by die hek wil ons egter nie laat ingaan nie want ons het nie ’n permit nie. Die permit kan gekry word by ’n plek so 12 km verder. En dan moet ons weer terug ry. Op die paaie beteken dit twee ure se ry, so ons los dit maar. Ek dink KZN Wildlife sal baie meer geld maak as hulle permitte by die hek verkoop. Of wat van dit online verkoop? Dan spaar jy sommer nog kantore, mense wat dalk geld kan steel, bank toe gaan Ens. Maar, ek is ten miste beindruk met die Rangers. As dit Gauteng was het hulle probeer om ’n bribe uit ons te kry. Die ouens is eerlik.
Ons ry toe ’n klein draaitjie en besoek ’n “meer” maar hier is lankal nie meer water nie.  So, ons vat die pad terug kamp toe. Op pad koop ons ’n paar stukkies hout vir braaaivleis die aand.
Op die menu is Skaaptjops, braaibroodtjies en beetslaai. Die kole bly te lank warm en ons is honger, ons sit toe sommer my nuwe braai rooster houer bo op die braai om vinniger te kan braai. Werk soos ’n bom.
EmptyName 19
Klaar ge eet gaan shower ons almal en teen 19:50 is ons lmal in die bed. Die see maak mens lekker moeg.
EmptyName 37
Dinsdag
Ek is weer hier teen 06:00 se kant op. Begin die dag weer met koffie en beskuit. Hier teen 08:00 word Surika ook wakker. Vandag is dit Kosibaai toe.
Surika maak vir ons hotdogs vir die pad, en ek pak die biere in. By Manguzi stop ons eers gou vir koeldrank en ys. Daarna kry ons ’n permit vir Kosibaai mond. Ingang na die Kosibaai mond word streng beheer en net ’n sekere hoeveelheid voertuie per dag word daar toegalaat. Ons moes vroeër jare al onverrigter sake omdraai nadat daar alreeds genoeg permitte uitgereik is vir die dag as ons daar aankom. Om die permit te kry is so 15 km uit die pad uit. Die ingang na Kosibaai mond draai af net voor die Mosambiek/Suid Afrika grenspos.
Maar eers ry ons deur Manguzi, ‘n BAIE besige klein dorpie waar padverkeers reëls niks beteken nie. Hier moet jy maar geduld hê. Baie mense verkoop maar allerhande curios langs die pad vir die toeriste.
IMG_0413
Ander mense verkoop weer groente en goed aan die plaaslike bevolking. Hier was omtrent 10 stalletjies langs mekaar waar almal dieselfde verkoop. Hier sit die mnese heeldag in die hoop om genoeg te verkoop om van te lewe.
IMG_0415
IMG_0417
Die eerste indruk van Kosibaai mond is die groot viskrale wat in die Kosibaai mere is. Dis skynbaar ’n 700 jaar oue tradisie hoe die vis gevang word deur die Tsonga mense. Hulle bly al oor die 1000 jaar by Kosibaai wat hulle kulterele hoofstad is. (Nee ek weet nie hoe het hulle die eerste 300 jaar visgevang nie!) Kosibaai is net sowat 2 km van die Mosambiek grens af en bestaan uit 4 mere wat met mekaar verbind word. Dis ook deel van die isimangaliso Wetland Park wat ’n Unesco World heritage site is.
EmptyName 21
Terug by die viskrale. Visse word gekanaliseer deur die riete en stompe wat in die sanderige grond geplant word in die rigting van die ronde kraal. Hulle swem dan deur ’n tipe valdeur wat ook verhoed dat hulle weer kan uitswem. Kleiner visse kan wel tussen die riete uitswem. Sodoende bly net die groter visse agter. Die vissermanne sal elke paar dae oorkom om te kyk watse vangs het hy. Die viskrale word van geslag tot geslag oorgegee aan die volgende manlike geslag. Nooit aan ’n vrou nie aangesien dit sal beteken dat die viskraal in ’n ander familie se hande sal val.
EmptyName 23
EmptyName 25
EmptyName 27
EmptyName 29
Miya het dit gate uit geniet in die vlak warm water van Kosibaai. Sy was baie excited toe daar so ’n entjie van ons af twee jong kindertjies speel. Sy het deur die water na hulle toe gehardloop, net om by hulle om te draai en terug te kom. Ons het gewonder wat kan fout wees. Toe ons haar vra hoekom sy nie met hulle speel nie was haar antwoord. “ Hulle praat nie my taal nie” So ‘n rukkie later het daar darem ’n Afrikaanse maatjie daar aangekom waarmee sy gespeel het.
EmptyName 31
EmptyName 33
EmptyName 35
Die aand braai ons steak en Surika maak vir ons chips.
Woensdag
Ons laaste vol dag by Bhanganek. En kyk. As jou hele dag bestaan uit:
  1. Gaan see toe en sit heeldag in die water en chat met jou vrou. (Ons het darem so 4 keer uitgeklim en gaan bak op die strand)
  2. Neem ’n paar fotos met die Go Pro in die see
  3. Gaan kamp toe en gaan braai ribbetjies en wors
  4. Gaan slaap

IMG_0366

IMG_0352

IMG_0400

Dan het jy ’n baie suksesvolle vakansiedag gehad
DCIM103GOPRO

DCIM103GOPRO

DCIM103GOPRO

DCIM103GOPRO

DCIM103GOPRO

DCIM103GOPRO

DCIM103GOPRO

DCIM103GOPRO

DCIM103GOPRO

DCIM103GOPRO

DCIM103GOPRO

DCIM103GOPRO

DCIM103GOPRO

DCIM103GOPRO

DCIM103GOPRO

DCIM103GOPRO

Hier sit ek nou en update ons blog. Die vuurtjie voor my is vir die ribbetjies en wors.
IMG_0420
O ja. Ek het die vakansie een ding uitgevind. Tabard werk nie. Vir niks. Nie die tipe wat jy brand nie, en nie die tipe wat jy aanspuit nie. Ek is gaar ge eet en gebyt, en dit het my amper R100 gekos. Ek dink insekte hou van die smaak. Of miskien het die insekte hier by Bhanganek al ge ‘evolve”?
Ons vakansie was maar kort. 3 vol dae by die see, een vir afry, en een vir terug ry. Dus 5 dae. En wat ’n lekker ruskans. Ons het dit nodig gehad. Mens het nie altyd nodig om vir weke weg te gaan nie.
Volgende keer wil ek net bietjie ons vakansie langer voor die tyd beplan. Miskien bietjie oplees oor die plek waarnatoe ons gaan, plekke om te besoek rondom die vakansieplek ens.
Nou ja, waarnatoe gaan ons volgende vakansie wees? Augustus maand is die die Richtersveld saam met Rey Janse van Rensburg. Maar voor die moet ons nog erens ietsie inwerk. Miskien Mosambiek? Moet net eers gou volgende week my Paspoort gaan kry.
Ons het nog steeds die idee om die weggaan ding baie meer te doen, stock footage te skiet, en dit te verkoop. En so geld te maak terwyl ons rondtoer. Ons kom daarby uit. Ek weet dit!
PS: En toe dog ons die blogpost is nou klaar geskryf. Toe nie. Ons staan nog so rustig en braai gisteraand toe snork ’n seekoei hier reg langs die kamp. Ons kamp basies op die oewer van Kosi meer, en ons het die eerste dag al seekoeie so 30 -50 meter van die kant af gesien. Ons weet dus hoe snork hulle op daardie afstand. Hierdie was heelwat ander. En laat ek nou maar eerlik wees. Ons het ons gatte af geskrik. Ons is die enigste mense in die kamp oor, en hier is geen drade of enigiets nie. Hulle kan dus tot langs ons loop. Ons het maar so in ’n bondeltjie eenkant gestaan en dink wat om nou te doen. Miya is so bang sy wil vir die eerste keer in haar lewe nie in ’n toilet piepie nie. Sy piepie sommer hier by ons langs die kampplek dankie. haha
Ek staan nog so en braai, toe snork ’n koei reg langs my! Ek dog ek kry ’n hartstilstand. Dis toe altyd Surika die 2 de keer wat net soos ’n seekoei snork. Blerrie koei! haha
Ons het toe later gaan slaap, maar ’n liggie buite aan gelos. weet nie of dit sou werk nie, maar ons moes darem iets probeer. Daar’s hy, ons excitement van die dag.
Donderdag oggend val ons vroeg in die pad. Ons stop by die brug oor die pad en eet eers van die vorige aand se braaivleis vir breakfast. Nou is ons mae reg vir die lang pad.
Net voor ons uit die omgewing uitry is daar ‘n paar kindertjies langs die pad. Hulle sing ‘n liedtjie vir almal wat verby ry en hoop op ‘n paar Rand. Die vakansie seisoen is nou verby, so hulle gaan seker nie gou weer ‘n geldtjie kry nie. Surika stop hulle so R20.00 in die hand. Hulle naaste winkel is egter so ver, ek weet nie wanneer gaan hulle iets koop nie. Wat interessantw as hier is die klomp Albinos wat ons gesien het. Daar is nie baie mense vergeleke met die stad nie, maar ons het 6 albinos in drie dae gesien.
IMG_0406
Die mense van die wereld is vir my interessant. Hulle het nie veel nie, almal stap maar oral heen. Ek weet nie eers waar werk al die mense nie. Oral sit mense in groepies op stoepe en gesels. Baie winkels het nie eers “tills” in nie, dis sommer calculators. En almal verkoop ietsie van alles. Hier is ‘n tipiese winkeltjie in die omgewing
EmptyName 41
Ons stop by die Jozini dam om vir Miya te wys hoe lyk die damwal en die dam. Dis vreeslik sleg om te sien hoe laag is die watervlak van die dam.
EmptyName 43
EmptyName 45
EmptyName 49
Op Ermelo stop ons by die Steers vir ‘n laat middagete vroeë aandete en sit ons reis voort. Tien oor 5, so 40 km buite Ermelo kry ek ‘n ontstellende sms van Surika se pa. Haar oupa is so pas oorlede. Dis ‘n baie slegte een om vir jou vrou te vertel langs die pad tussen niks en nerens. Sy was baie lief vir haar oupa en sy vat dit nie baie goed nie. Ons stop langs die pad en ek neem ‘n paar fotos van die sonsondergang terwyl Surika ‘n video skiet van alles waat mooi is om haar om haar oupa ook op die manier te onthou.
EmptyName 51
EmptyName 53
Haar oupa was ‘n uitsonderlike man, altyd reg vir ‘n grappie, en altyd in ‘n goeie bui. Hy was ook iemand wat baie lief was vir rondtoer in sy jonger dae. Hy het ‘n Volkswagen Kombi gehad waarvoor hy ‘n nuwe enjin ingessit het en wat hy omgebou het in ‘n toervoertuig. Hy het my met een kuiertjie trots ‘n groot kaart van Suid Afrika gewys. Op die kaart het hy al die roetes wat hy en Ouma Maggie al gery het met ‘n marker pen gemerk. Ek veronderstel dis sy spirit of adventure wat in sy kleindogter verder leef. Ons het nog so ‘n week voor sy dood vir hom in die hospitaal gaan kuier…en onder andere vir hom ‘n Weg tydskrif saamgevat om te lees. Ek wonder of hy dit toe gelees het, en vir oulaas gedroom het van ver plekke besoek?
Oupa, ons eer jou nagedagtenis, jy was ‘n man duisend, en van die min mense in die wereld waarvoor ek regtig respek gehad het.
RIP
Hier is die paaie wat ons gery het:
Screen Shot 2016-04-13 at 4.47.08 PM
Screen Shot 2016-04-13 at 4.47.35 PM
Notas aan myself:
  1. Begin die footage wat geskiet is van vorige vakansies op te laai
  2. Hou die blog gedurig by, al is dit net om te skryf oor iets wat ons beplan
  3. Vind uit hoe hou mens insekte weg.
  4. Begin meer te lees oor wat vir my interessant is
  5. Die lewe is kort, geniet elke oomblik
Goed wat ons nog wil kry:
Radio vir Chucky wat ’n usb kan vat. Ek is nou GATVOL om dieselfde cd’s oor en oor te luister. Kan nie glo hierdie was moderne tegnologie op ’n stadium nie.
Binnekant van treiler laat oordoen
Neuswiel uitsort
Duikbrille en snorkels
TAGS
RELATED POSTS